Wat is vanaand op die kassie?

18:00 The Big Bang Theory (M-Net): Sheldon word gedwing om met sy aartsvyand, Kripke, saam te werk. Howard en Raj spandeer duisende op hul eie aksiefigure.

19:30 Sleepy Hollow (M-Net Series Showcase): Abbie en Ichabod ondersoek twee mense wat hul lewens op raaiselagtige maniere geneem het. Abbie probeer terselfdertyd haar vreemde drome verwerk.

19:31 Fiësta (kykNET): Ghapi is die gasaanbieder. Hy besoek die Oos-Kaap Biltongfees op Somerset-Oos.

20:03 Treknet (kykNET): John is verbaas toe ’n broer van wie hy niks weet nie skielik by hom opdaag. Boet word mev. Williams se nuwe bingo-vennoot.

20:30 Homeland (M-Net): Saul werf ’n kenner om te help met die Langley-bomondersoek.

20:31 The Amazing Race (SABC3): Die oorblywende spanne is in Rusland.

Let asseblief op: Huisgenoot kan nie die akkuraatheid van die verskafte inligting verseker nie. Netwerke pas hul uitsaairooster volgens hul diskresie aan.