17:30 Die Nataniël Tafel (kykNET): Al glo ons krummels maak die vloere vuil en is bloot duiwevoer, bestaan daar ongelooflike geregte waarin krummels op ongewone maniere gebruik word.

18:00 Villa Rosa (kykNET): Die spanning loop hoog terwyl almal soek na Fritz, wat spoorloos verdwyn het. Intussen hou hy kop en onderhandel vir sy lewe. Astrid en die inspekteur van Interpol probeer vir Valdez ’n lokval stel, maar alles verloop nie volgens plan nie. Gaan Villa Rosa se patriarg hierdie nagmerrie oorleef?

18:30 7de Laan (SABC2): Is Emma en Marko gereed om ’n huis te koop? Sonja en haar ma se stresvolle situasie gaan dalk hul verhouding belemmer.

18:30 Binnelanders (kykNET): Zadie wil met die waarheid uitkom. Frankie sit dalk met ’n nuwe hoofpyn omdat Adelyn ook haar stuiwer in die armbeurs wil gooi – of nie. At ontdek nog meer oor Margot se verlede. Wimpie plant idees in Ilse se kop oor haar oupa.

18:30  Britain’s Got Talent (M-Net): Kyk hoe Simon Cowell, Amanda Holden, Alesha Dixon en David Williams die volgende wenner van Britain’s Got Talent soek.

19:30 Fiësta (kykNET): Meer as 30 000 kaasliefhebbers het vanjaar weer by die Sandringham-landgoed buite Stellenbosch bymekaargekom vir die SA Kaasfees. Tydens hierdie fees is kaas die eregas en kan besoekers na hartelus proe en heerlik saamkuier. Daarbenewens is praatjies en tentoonstellings van bekende koskenners en sjefs soos Nataniël ewe gewild. Die Kokkedoor-wenner Mynhardt Joubert is vandeesweek die gas-aanbieder.

20:00 Two And A Half Men (SABC3): ’n Hedonistiese skrywer se lewe word drasties omgekeer toe sy broer en dié se 10-jarige seun by hom intrek.

20:30 Moeggeploeg (kykNET): Dier ontvang sy langverwagte pakkie van oorsee af. Myburgh se ma wil hom inskryf vir Boer Soek ’n Vrou. Lulu, wat mal is oor hom, wil die ding keer; Vlerkies is ook bekommerd.

20:30 The Amazing Race (SABC3): Spanne reis die wêreld plat, terwyl hulle teen mekaar meeding vir die titel van The Amazing Race-kampioene, asook die wengeld.

20:30 The Good Wife (M-Net): ’n Politikus se vrou begin haar eie loopbaan as ’n prokureur toe haar man weens korrupsie tronk toe gestuur word.