17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar beste! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.

17:30 Hier Gaan Ons Alweer (kykNET): Vandeesweek hengel Petri en sy span die eerste keer die Zambesirivier in die nag. Met geen sig is daar groot konsentrasie onder die hengelaars, wat die pret-faktor opstoot.

18:00 About A Boy (M-Net): Will ontdek hy het ernstige geldprobleme.

18:30 Villa Rosa (kykNET): Astrid steek haar neus in die Villa se belastingsake. Lindie reik weer uit na Vicky, maar sonder sukses. Fritz is onrustig oor ’n posstuk wat vir Marco afgelewer is. Marco en Sussie keer terug van die plaas af met haar ouers se seënwense. Astrid probeer Lindie omkoop om weg te gaan. Stef stel ondersoek in na Marco se bedrywighede…

18:30 7de Laan (SABC2): Nadia se hele situasie plaas emosionele druk op haar. Emma is in ’n toestand nadat sy Rick in haar woonstel gekry het. Intussen is Kim en Diederik dolverlief.

18:30 America’s Got Talent (M-Net): Kyk hoe Heidi Klum, Howard Stern, Mel B en Howie Mandel nuwe talent ontdek.

19:30 Binnelanders (kykNET): Dinge raak ongemaklik vir die Jonkers met At in die nabyheid, en dit is baie duidelik dat Adler nog deel is van ’n sensitiewe prentjie. Tertius dink hy verstaan presies hoe Rian voel, en Bertha het ’n bose plan met die Malherbes.

20:00 Mad About You (e.tv): Jamie oorreed Paul om sy ouers se ou motor te steel.

20:00 2 Broke Girls (SABC3): Caroline en Max breek by haar ou huis in om al haar duur besittings op eBay te verkoop.

20:00 Fiësta (kykNET): Vandeesweek vier die ganse land weer saam met Potchefstroom fees met Clover Aardklop, wat onlangs weer uiters suksesvol aangebied is. Kykers kan uitsien na hoogtepunte uit die keur van Afrikaanse teater en kuns wat weer vanjaar aangebied is.

20:30 Survivor 24: One World (SABC3): Deelnemers wat op ’n afgeleë eiland gestrand is, moet teen mekaar meeding vir oorlewing en ten einde die wengeld.

20:30 SA’s Got Talent (e.tv): Beoordelaars soek landwyd na Suid-Afrika se nuwe, groot ster. Van dansers tot komediante, enigiemand mag deelneem.

21:30 Insig (kykNET): Die redakteur van Rapport, Waldimar Pelser, is aan die stuur van hierdie geselsprogram wat dikwels ’n politieke inslag het. Hy onthaal weekliks gaste wat dringende aktuele sake in-diepte bespreek.

21:30 The Knick (M-Net): Thackery weier om saam met dr. Zinberg te werk en die hele situasie maak hom net nog meer paranoïes.

22:30 Carte Blanche (M-Net): Die Carte Blanche-span ondersoek noodsaaklike kwessies wat Suid-Afrika in die gesig staar.