Dit is vanaand op die kassie:

17:00 The Doctors (M-Net City): Het jy ’n kwaal waaroor jy wonder? Die mooie dokters van The Doctors bespreek elke moontlike siektetoestand onder die son!

18:00 The Goldbergs (M-Net): Leef jou weer in die 80’s in met hierdie wilde familie en leef saam met hulle die lewe se struikelblokke en hoogtepunte uit.

18:30 Villa Rosa (kykNET): Hanna se finansiële penarie verplig haar om ’n besluit te neem. Fritz en Stef stamp weer kop oor die glibberige Liam. Gaan Stef se nuutste plan slaag om Liam vir eens en altyd vas te trek?

18:30 7de Laan (SABC2): Errol is opgewonde om ’n artikel oor die fiasko by die Heights te skryf. Het Charmaine haar beste vriend verloor? Bernard en Willem sit vas.

18:30 The Voice (M-Net): Kyk hoe Blake Shelton, Pharrell Williams, Adam Levine en Christina Aguilera saam soek vir die volgende groot superster.

19:30 Binnelanders (kykNET): Die risiko’s van ’n operasie, ’n meningsopname, ’n braai-uitnodiging en ’n eggenoot se motiewe lei tot groot kommer in die gange van Binneland-kliniek.

19:30 Madam Secretary (M-Net): ’n Oorlog dreig tussen China en Japan en Elizabeth moet die twee lande sover kry om ’n wapenstilstand te sluit.

20:00 Fiësta (kykNET): Skud jou fees-vere reg en kom toer saam met Fiësta na ons land se lekkerste en gewildste feeste. Vanaand kuier ons by die Kirkwood se Wildsfees.

20:30 SuperRugby (KykNET): Kenners kyk na die jongste ontwikkelinge in die rugby-wêreld. Ateljeegaste neem ook deel aan besprekings en beantwoord kykers se inbelvrae.

20:30 Revenge (M-Net): Victoria is reg vir aksie teen David, en Emily is geskok oor onverwagte nuus.

21:30 State of Affairs (M-Net): ’n Inkriminerende foto word aan Charlie gestuur wat haar loopbaan kan verwoes en die president se hart kan breek.

22:00 kykNet Aktueel - Insig (kykNET): Die redakteur van Rapport, Waldimar Pelser, is aan die stuur van hierdie geselsprogram wat dikwels 'n politieke inslag het. Die program sluit aan by 'n trotse tradisie van Afrikaanse kritiese joernalistiek.

22:00 CSI: Crime Scene Investigation (SABC 3): Volg die avonture van hierdie uitmuntede forensiese kenners. Elke week probeer hulle ’n nuwe raaisel oplos.

22:00 Pieces of April (SABC 2): ’n Jong vrou nooi haar hele familie op Thanksgiving na haar woonstel. Katie Holmes vertolk die hoofrol in hierdie dramaprent van 2003.