• 18:00 Villa Rosa (KykNET): Isabel is nie juis opgewonde oor Stef se surrogaat-voorstel nie. Sussie treur in stilte oor Louw. Fritz wil met Vicky oor Sussie praat, maar kry nie kans nie.
  • 18:30 7de Laan (SABC 2): Pieter het gemengde gevoelens oor die geld wat Annelie vir haar eerste fotosessie verdien het. Gaan Kim dalk haar werk verloor weens Henk se gedrag?
  • 18:30 Binneland (KykNET): Die Gericke-kinders is agterdogtig oor Vivienne se motiewe. Rian bly vasbeslote om Pippa die jawoord te vra ten spyte van teenkanting.
  • 19:30 Fiësta (KykNET): Die Leipoldtville-Kuier in die hartjie van die Sandveld aan die Weskus is jaarliks ’n groot gedoente wanneer die hele dorpie feesvier. Vanaand is die gas-aanbieder Andries Vermeulen, self ’’n Sandvelder.
  • 19:30 Grey’s Anatomy (M-Net): Cristina soek toenadering tot Shane. April se eersdaagse troue veroorsaak ongemak tussen Jackson en Stephanie.
  • 20:00 Mad About You (e.tv): Jamie se briewe aan hul nuwe dogter, Mabel, plaas geweldige druk op Paul. Ira kom agter dat Joan romantiese gevoelens vir hom het.
  • 20:30 Oupa En Ouma (KykNET): Stanley raak jaloers wanneer ’n ou vriend van Debora by haar wil kom kuier. Patience gee Stanley amper ’n hartaanval; hy besluit om te werk aan sy fiksheid.
  • 21:30 Nashville (M-Net): Juliette beplan ’n verjaardagpartytjie. Teddy en Rayna se planne kry momentum. Gunnar se broer betower Scarlett.