Dit is vanaand op die kassie:

17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar beste! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.

18:00 Mom (M-Net): Die skrywer van The Big Bang Theory is die brein agter die snaakse komedie. House Bunny se Anna Faris vertolk die rol van Christy wat saam met haar ma woon en opsoek is na ’n nuwe loopbaan.

18:30 Villa Rosa (kykNET): Stef toets Nico met ’n stelling oor sy ma, maar kan hom nie uitvang nie. Isabel se voornemende huurder daag op en die dame maak ’n baie goeie indruk. Carina steek steeds die waarheid oor hulle pa se nuwe verhouding vir Eben weg, terwyl Vicky vir Stef raad gee oor hoe om Nico te hanteer. Maryke manipuleer Anthony slinks om nog geld uit hom te kry.

18:30 7de Laan (SABC2): Maria en die ander dames maak betyds al die pantoffels klaar en Maria stuur ’n faktuur aan Hilda vir hul harde werk. Sal Paula saam met Eben Vitoria-waterfalle besoek of sal sy tuis bly om Altus se onthalwe?

18:30 Masterchef Australia (M-Net): Kyk hoe die sjefs ’n storm los kook in die kombuis om die groot prys te wen.

19:30 Binnelanders (kykNET): Pippa se hormone pla haar, en Ivanka skep nuwe moed. Jana sien 'n blink toekoms vir Nick. Cherilee ontmoet ’n nuwe prooi, en Gertrude vind uit wie is die eksekuteur van Merle se boedel.

20:00 The Amazing Race (SABC 3): Kyk hoe deie deelnemers om die wêreld rits om die een miljoen dollar prysgeld te wen.

20:00 Fiësta (kykNET): Die Boertjie Kontreifees is nou al ’n staatmaker in die Vrystaat en een keer ’n jaar vier die mense van Bultfontein behoorlik fees. Liza Brönner is vandeesweek ons gasaanbieder.

20:30 Kyk wat maak ons nou (KykNET): Ons gaan voort met ons besoeke aan mense en plekke regoor Suid-Afrika wat in en met Afrikaans hoë funksie prestasies behaal.

21:30 Insig (kykNET): Die redakteur van Rapport, Waldimar Pelser, is aan die stuur van hierdie geselsprogram wat dikwels ’n politieke inslag het. Hy onthaal weekliks gaste wat dringende aktuele sake in-diepte bespreek.

21:30 Elementary (M-Net): Lucy Liu speel in dié reeks wat die moderne weergawe van Sherlock Holmes is.

21:30 NCIS: Los Angeles ( SABC 3): Volg die avonture van hierdie uitmuntede beamptes. Elke week probeer hulle ’n nuwe raaisel in die vloot oplos.