17:00 Grey’s Anatomy (M-Net): Hulle word elke dag deur die dood in die gesig gestaar, dus moet die dokters van Seattle Grace-hospitaal vertroosting, vriendskap en soms liefde by mekaar vind.

18:00 Villa Rosa (kykNET): Die vrou wat in die Villa rondgekyk het terwyl almal Fritz se verjaarsdag gevier het, maak vir Sussie en Fran ’n interessante aanbod.

18:30 7de Laan (SABC2): Herman stel sy planne vir studentebehuising in aksie. Die probleme tussen Bernard en Danelle is erger as wat sy gedink het.

18:30 Binnelanders (kykNET): Okkie het planne om sy huwelik op te kikker. Die nuwe dokter by Ongevalle jaag aan met ’n fietsryer. Jana se voorstel oor ’n huisbesoek is dalk nie ’n goeie idee nie.

18:30 I wanna Marry ‘Harry’(M-Net): Liefde is in die lug toe ’n doodgewone Engelsman hom as prins Harry voordoen vir 12 enkellopende vroue van Amerika wat op soek is na hul eie prins.

19:30 Fiësta (kykNET): Die Kreeffees op Lambertsbaai op die Weskus is nou al ’n jarelange instelling. Dit is nie net ’n heerlike kuier nie, maar ook ’n wonderlike ervaring vir liefhebbers van seekos, veral kreef. Die Fiësta-span en die gas-aanbieder, Pieter Smith, sou dit vir niks ter wêreld misloop nie.

19:30 Isidingo (SABC3): Sechaba vind dit moeilik om Lerato tevrede te stel. Die tafels draai teen Eddie.

19:30 Royal Pains (M-Net):Hank is terug by die werk ná sy operasie. Sy nuwe pasiënt kan dalk haar gesondheid benadeel deur haar fondsinsameling. Jeremia is terug by HankMed. Divya ontvang onverwagte nuus.

20:29: Survivor 23: South Pacific (SABC3): Deelnemers is gestrand op ’n afgeleë eiland met net die bietjie klere wat hulle aanhet en moet teen mekaar meeding vir oorlewing en vir die wengeld.

20:00 Proesstraat (kykNET): Pierre se gunsteling-kollega by die skool het ’n krisis en vra die pelle om vir die aand na haar baba te kyk. Maar die meisies is besig en dit los Melt, Pierre en van Heerden as babawagters.

20:00 Mad About You (e.tv): Paul se lewe flits voor sy oë toe hy in die stort val.

20:30 Vir Beter of Baie Beter (kykNET): Boetie probeer sy bes om uit Colin en Pamela se huishoudelike sake te bly. Pamela weier dat Colin hulle karavaan verkoop om ’n 25%-aandeel in ’n resiesperd te koop.