17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar beste! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.

18:00 Mom (M-Net): Die skrywer van The Big Bang Theory is die brein agter die snaakse komedie. House Bunny se Anna Faris vertolk die rol van Christy wat saam met haar ma woon en opsoek is na ’n nuwe loopbaan.

18:30 Villa Rosa (kykNET): Sonja se onkunde agter die stoof begin haar inhaal. Maryke trek Anthony al hoe dieper in haar speletjie in. Vicky en Marius kom ooreen om nie romanse in hul vriendskap in te bring nie.

18:30 7de Laan (SABC2): Sal Bernard en Danelle die druk kan hanteer wat Linda op hul verhouding plaas? Errol het groot planne vir Hilda se slippers, maar hy soek sy deel.

18:30 Masterchef Junior USA(M-Net): Kyk hoe die jong sjefs ’n storm los kook in Gordon Ramsay se kombuis.

19:30 Binnelanders (kykNET): Nie almal in die Ferreira-huishouding dink daar is rede tot feesviering nie, en Zadie hoor ’n onsamehangende gesprek aan. Van ontmoet vir Susanna, en Gustav kry perspektief uit ’n onverwagse oord.

20:30 Jou Show (KykNET): Koos Kombuis vertel ou stories en sleep die mikrofoon nader vir ’n liedjie. Helene Truter gesels oor ‘n leeftyd voor en agter die kamera, terwyl Die Jaloersbokkies ons ateljee volstaan en musiek maak.

20:30 The Amazing Race (SABC 3): Kyk hoe deie deelnemers om die wêreld rits om die miljoen dollar prys te wen.

21:30 Insig (kykNET): Die redakteur van Rapport, Waldimar Pelser, is aan die stuur van hierdie geselsprogram wat dikwels ’n politieke inslag het. Hy onthaal weekliks gaste wat dringende aktuele sake in-diepte bespreek.

21:30 Nashville (M-Net): As jy van reekse soos Revenge en Heart of Dixie hou, sal jy gaande wees oor hierdie program. Dis ‘n Country musiek-drama uit die pen van die skrywer van Thelma and Louise.

21:30 NCIS: Los Angeles ( SABC 3): Volg die avonture van hierdie uitmuntede beamptes. Elke week probeer hulle ’n nuwe raaisel in die vloot oplos.