THE AMAZING RACE 16

18:30 MasterChef Australia (M-Net): Sjefs vanuit alle uithoeke van Australië ding mee in verskillende kookuitdagings om hulle kookvernuf op te skerp.

18:30 7de Laan (SABC 2): Wie is die oulike ou wat vir Kim ’n skemerkelkie koop in Stasie Ses?

19:30 Fiësta (kykNET): As jy ’n buitelug-geesdriftige is, moet jy nie vanaand se aflewering misloop nie. Die Fiësta-span besoek Bela-Bela waar kykNET se jaarlikse Buite-ekspo aangebied word.

20:00 Treknet (kykNET): JP, ’n Weskus-knaap met bultende spiere, daag in Bakspat op en vra Sannie moet met hom trou.

20:30 The Amazing Race (SABC 3): Die laaste drie spanne spook sake uit in die suide van Kalifornië.