18:00 Villa Rosa (kykNET): Die situasie tussen Stef, Vicky en Marius blyk onoplosbaar te wees. Stef vererger die situasie toe hy Vicky vertel wat hy in Bakgat gesien het.

18:30 7de Laan (SABC2): Dis ’n emosionele tyd vir die Meintjies-gesin toe hulle die waarheid oor Quad Five leer. Diederik besluit om sy kanse met vroue te verbeter.

18:30 Binnelanders (kykNET): Almal dink Gustav is in die moeilikheid toe At hom inroep. ’n Dokter dink hy maak vordering in sy liefdeslewe. Sonja hou glad nie van Jana se inmengery in At se lewe nie.

18:30 Big Town Dance (M-Net): Die Got to Dance-beoordelaar Ashley Banjo en sy mede-Diversity-lede leer die mense van Stockton-on-Tees dans. Hulle het net twee maande om te oefen voor hulle voor meer as 5 000 inwoners moet optree.

19:30 Fiësta (kykNET): Oppiwa is Jacobsbaai se eiesoortige fees, waartydens waens, elk met sy eie kunstenaar, vertrek na verskeie gashere en gesinne op Jacobsbaai.

19:30 Grey’s Anatomy (M-Net): Hulle word elke dag deur die dood in die gesig gestaar, dus moet die dokters van Seattle Grace-hospitaal vertroosting, vriendskap en soms liefde by mekaar vind.

20:00 Proesstraat (kykNET): Melt het in die tuisnywerheid op ’n sny melktert gegly, geval en sy kop hard gestamp. Hy ly nou aan tydelike geheueverlies en die pelle gaan hom probeer help onthou.

20:30 Vir Beter of Baie Beter (kykNET): Barbie wil in die middel van die eksamen saam met Dewald gaan fliek. Barbara stem in, mits sy die fliekkaartjie huis toe bring as ’n bewys dat sy daar was.