Dit is vanaand op die kassie:

17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar beste! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.

18:00 Mom (M-Net): Die skrywer van The Big Bang Theory is die brein agter die snaakse komedie. House Bunny se Anna Faris vertolk die rol van Christy wat saam met haar ma woon en opsoek is na ’n nuwe loopbaan.

18:30 Villa Rosa (kykNET): Stef lees Astrid se testament en die inhoud veroorsaak skokgolwe deur die Villa. Wie erf wat en wie is Gunther Albrecht regtig? Vicky se geduld raak op met Stef, maar Marius is daar om haar te ondersteun.

18:30 7de Laan (SABC2): Altus is bereid om ‘n plaas se prys te betaal vir Paula se droomrok. Vince voel dat Neville hom nie waardeer nie. Sonja registreer vandag vir universiteit.

18:30 Masterchef Junior USA(M-Net): Kyk hoe die jong sjefs ’n storm los kook in Gordon Ramsay se kombuis.

19:30 Binnelanders (kykNET): Wimpie gee vir Okkie ’n idee hoe om sy probleem op te los, terwyl hy self ’n joernalis nader sleep. Daar word groot besluite geneem in die Malherbe-huishouding.

20:00 The Big Bang Theory (SABC3): ’n Vrou wat in die woonstel oorkant twee briljante, maar sosiaal wanaangepaste, wetenskaplikes intrek maak hul touwys van die lewe buite die laboratorium.

20:30 The Amazing Race (SABC3): Deelnemers rits regoor die wêreld en kompeteer om die groot kontant prys te wen.

20:30 Jou Show (KykNET): Kokkedoor se Leroux van Vuuren haal sy ‘beste’ danspassie uit en vertel meer oor die kookprogram. Mej. Wêreld, Rolene Strauss, kuier op die geelbank en vertel stories uit haar kinderdae. Carmen Pretorius was omtrent al in elke musiekblyspel in die land en sy kuier by ons in die ateljee.

21:30 Insig (kykNET): Die redakteur van Rapport, Waldimar Pelser, is aan die stuur van hierdie geselsprogram wat dikwels ’n politieke inslag het. Hy onthaal weekliks gaste wat dringende aktuele sake in-diepte bespreek.

21:30 Elementary(M-Net): Johnny Lee Miller en Lucy Liu vertolk die rolle van die moderne Sherlock en Watson.