19:30: Fiësta (kykNET): Die operasangeres Friedel Mitas is dié week die gasaanbieder en besoek die Klein Karoo Klassique klassieke musiekfees op Oudtshoorn.

19:30 Grey’s Anatomy (M-Net): Seisoen 10 begin. Die dokters moet inspring wanneer mense wat tydens die storm beseer is, begin instroom. Meredith moet ’n besluit neem wat ’n geliefde se lewe gaan beïnvloed.

19:59 Come Dine with Me South Africa (BBC Entertainment): Vier vreemdelinge nooi mekaar vir ete en ken dan punte toe. Die wenner kry R10 000. Vanaand se episode is hierdie seisoen se malste nog. Wees gereed vir twerking, lyfskote en fopdossery.

20:03 Treknet (kykNET): Boet herdenk die dag waarop hy sy vorige skuit op ’n sewende brander verloor het, maar Annie glo hy eer ’n vorige liefde en raak jaloers.

20:30 The Amazing Race (SABC3): Van die spanlede word vreeslik naar tydens ’n uitdaging en een dreig om tou op te gooi.

21:29 Numbers (SABC3): Terwyl Don en sy span die skietdood van twee leerders ondersoek, gebruik Charlie die skool se radiofrekwensie-uitkenningstelsel om die skieter se bewegings deur die skoolgange te volg.

Please note: YOU magazine doesn’t guarantee the accuracy of the data supplied regarding programming but publishes in good faith based on information supplied. Networks may alter their programming at their own discretion.