17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar beste! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.

18:00 The Goldbergs (M-Net): Leef jou weer in die 80’s in met hierdie wilde familie en leef saam met hulle die lewe se struikelblokke en hoogtepunte uit.

18:30 Villa Rosa (kykNET): Fritz gee Liam die trekpas by Villa, maar dan kom hy met ’n gevaarlike dreigement. Celine weet nie hoe om haar nuutgevonde liefde te hanteer nie en Carina gee raad.

18:30 7de Laan (SABC2): Al die kaarte is op die tafel en Willem weet wat Sonja vir hom probeer wegsteek het. Marko kanselleer sy afspraak met Anna en kry ’n onverwagse gas.

18:30 Masterchef Australia (M-Net): Kyk hoe die sjefs ’n storm los kook in die kombuis om die groot prys te wen.

19:30 Binnelanders (kykNET): Adler se verfynde koggel lei tot ’n baie sterk reaksie. Morné kom te hore van ’n kompetisie met ’n baie groot prys en At se kop is op ’n ander plek wanneer Jana ondersteuning nodig het.

20:30 Survivor: Philippines (SABC 3): Kyk hoe die deelnemers op ’n afgesonderde bestemming probeer oorleef om die miljoen dollar prysgeld te wen.

20:00 Fiësta (kykNET): Ons kuier by die Franschhoek Oesfees op die Solms-Delta Wynlandgoed. Hierdie feestelikheid, wat die einde van die oes vier, is ’n prettige makietie met verskeie tradisionele Kaapse sangers, kore en dansers.

20:30 SuperRugby (KykNET): Kenners kyk na die jongste ontwikkelinge in die rugby-wêreld. Ateljeegaste neem ook deel aan besprekings en beantwoord kykers se inbelvrae.

21:30 kykNet Verslag (kykNET): ’n Oorsig van die dag se nuusgebeure.

21:30 Elementary (M-Net): Lucy Liu speel in dié reeks wat die moderne weergawe van Sherlock Holmes is.

22:00 CSI: Crime Scene Investigation ( SABC 3) : Volg die avonture van hierdie uitmuntede forensiese kenners. Elke week probeer hulle ’n nuwe raaisel oplos.