17:30 Die Nataniël Tafel (kykNET): Die legendariese sjef en koskenner Topsi Venter is een van Nataniël se boesemvriendinne en al 25 jaar lank sy grootste leermeester. In hierdie program bring hy hulde aan haar ongewone aardse geregte, kennis van kosgeskiedenis en unieke uitkyk op die lewe. Topsi se dogter, Danielle, kom kuier saam en berei sy gunstelinggereg.

18:00 Villa Rosa (kykNET): Wouter is hopeloos verlief op die eksentrieke meisie wat hy in die Mall ontmoet het, terwyl Anthony begin wonder of hy werklik bevoeg is om weer as dokter te praktiseer. Eben skrik hom boeglam toe AJ onverwags opdaag. Intussen laat val Astrid kastig besorg aan Fritz dat die jongman ’n dwelmprobleem het...

18:30 7de Laan (SABC2): Wat gaan Lindile van Aggie se nuwe voorkoms dink? Gita begin planne maak om van Lerina ontslae te raak. Intussen raak Irma en Sonja se finansies ’n ál groter probleem.

18:30 Binnelanders (kykNET): Tertius sukkel om ’n diagnose te maak en almal verwag die ergste. Frankie en Adelyn is albei in sak en as oor die stand van hul verhouding, al skroom Karli nie om haar gevoelens bekend te maak nie. Pippa se betrokkenheid by Dokter-Dokter is nie vir almal iets goeds nie.

18:30  Bet On Your Baby (M-Net): Vyf gesinne met twee- of driejarige kleuters gaan weddenskappe aan om geld vir die kinders se universiteitsfondse te wen.

19:30 Fiësta (kykNET): Die moederstad is nie net bekend vir sy berg en pragtige natuurskoon nie. Tydens die jaarlikse Taste of Cape Town-fees kan feesgangers ook kom proe aan die wonderlike kos wat hierdie stad bied. Verskeie restaurante maak van hierdie fees ’n kulinêre belewenis. Die bekende sjef en televisiepersoonlikheid Ilse Fourie is vandeesweek die gas-aanbieder.

20:00 Two And A Half Men (SABC3): ’n Hedonistiese skrywer se lewe word drasties omgekeer toe sy broer en dié se 10-jarige seun by hom intrek.

20:30 The Amazing Race (SABC3): Spanne reis die wêreld plat en ding mee teen mekaar vir die titel as wenner van The Amazing Race, asook die prysgeld.

20:30 The Good Wife (M-Net): ’n Politikus se vrou begin haar eie loopbaan as ’n prokureur nadat haar man weens korrupsie tronk toe gestuur word.