17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar beste! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.

18:00 About A Boy (M-Net): Will se eksmeisie dagvaar hom.

18:30 Villa Rosa (kykNET): Fritz is steeds siek en in die bed. Gerhard dryf die Villa se vroue teen die mure uit met sy inmengery by die huishouding. Sussie wroeg oor die geld wat by haar rekening inbetaal is, terwyl Marius wonder of Carina weer vir hom ogies maak. Intussen besluit Astrid om van haar onwelkome besoeker se dienste gebruik te maak.

18:30 7de Laan (SABC2): Dis die laaste dag van die fotosessie en Altus is jaloers op die tweeling. Errol hoor iets wat hy nie moet nie.

18:30 The X-Factor UK (M-Net): Kyk hoe Louis Walsh, Simon Cowell, Cheryl Fernandez-Versini and Mel B nuwe talent ontdek.

19:30 Binnelanders (kykNET): Okkie begin uitvis oor Kobus, terwyl twee mense se verhouding tussen vriendskap en irritasie wipplank ry. Jana maak seker Zieg weet presies hoe sy oor hom voel.

19:40 Greys Anatomy (M-Net): Ellis Grey se verlede word ontbloot en Maggie maak ’n  skok-aankondiging.

20:00 2 Broke Girls (SABC3): Caroline vind uit wat Max se geheime bestanddeel vir die kolwyntjies is.

20:00 Fiësta (kykNET): Die kykNET Buite-ekspo word jaarliks by die Mbizi Caravan Lodge net buite Bela-Bela aangebied. Hierdie fees is vir elke buitelewe-geesdriftige beslis ’n besoek werd. Maar dit bied ook ander vermaak – daar is dus iets vir almal. Interessante uitstallings en leersame demonstrasies maak ook deel van die fees uit. Riaan Grobler van Groot FM is vandeesweek die gas-aanbieder.

20:30 Survivor 24: One World (SABC3): Deelnemers wat op ’n afgeleë eiland gestrand is, moet teen mekaar meeding vir oorlewing en ten einde die wengeld.

20:30 Jou Show (KykNET): Jou Show is terug – met ’n splinternuwe stel en ’n nuwe formaat. Emo is ook terug op sy plek, terwyl ons nuwe veldaanbieder, Anne Hirsch, poetse bak met ons eerste gas van die nuwe seisoen, Hannes van Wyk. Wicus gaan speel golf saam met Hannes, en Corlea Botha bekoor die gehoor met een van haar treffers. Kokkedoor se eerste wenner, Tiaan Langenegger, kom roer ook die pot in die ateljee.

21:30 Insig (kykNET): Die redakteur van Rapport, Waldimar Pelser, is aan die stuur van hierdie geselsprogram wat dikwels ’n politieke inslag het. Hy onthaal weekliks gaste wat dringende aktuele sake in-diepte bespreek.

21:30 Bates Motel (M-Net): Kaleb se teenwoordigheid maak Norman senuagtig, en Norma word na ’n sosiale geleentheid genooi.

23:30 Carte Blanche (M-Net): Die Carte Blanche-span ondersoek noodsaaklike kwessies wat Suid-Afrika in die gesig staar.