Dit is vanaand op die kassie:

  • 18:00 Villa Rosa (kykNET): Astrid bekommer haar dood en is bang dat Stef en Isabel die waarheid oor Liam sal uitvind.
  • 18:30 7de Laan (SABC 2): Gaan Rick swig voor Emma se pleidooie dat sy hom liefhet? Sonja gryp die geleentheid aan om met Bertus te flirt. Gaan hy terugflirt?
  • 18:30 Binnelanders (kykNET): Karlien daag onverwags op. Zadie neem ’n groot besluit ná ’n vernedering.
  • 19:30 Fiësta (kykNET): Die sanger Kobus Muller is die aanbieder van vandeesweek se episode, wat gaan oor die Outdoor X, wat in die omgewing van Vereeniging aangebied word. ’n Moetkyk-episode vir adrenalienverslaafdes.
  • 20:00 The Big Bang Theory (SABC3): Sheldon en Amy besluit om ’n sosiale toets te doen deur gerugte oor hulself te versprei, terwyl Howard sy verhouding met Bernadette na nuwe hoogtes neem.
  • 20:30 Proesstraat (kykNET): Ilne se ma het haar vertel dat sy “met die helmet gebore is en dus die toekoms kan voorstel”. En die pelle het al die hulp nodig wat hulle kan kry. . .
  • 20:30 The Fixer (M-Net): In ’n spanningsvolle episode waar die waarheid ontbloot word, moet almal met die gevolge daarvan saamleef.