17:30 Marita Kook (KykNET): Vryskutjoernalis Annemarie van Niekerk en haar man, Jaap Goedegebuure, woon in Holland en hou gereeld in Frankryk vakansie. Akademikus Jaap is ’n ywerige kok wat heeltemal tuis is in die kombuis.

18:00 Villa Rosa (KykNET): Die nimlike en talentvolle Zanne Stapelberg het diep in Fritz se hart gekruip en hy neem swaar afskeid van haar. Wouter probeer opmaak met Nadine, maar trap homself net dieper in die moeilikheid vas.

18:30 7de Laan (SABC 2): Vince verras vir Wessel by die blommewinkel. Matrone kompeteer onvewrwags vir Koot se aandag.

18:30 Binneland (KykNET): Quinton en Zadie se teleurstelling is sigbaar en Bea besef dat Franz nie so maklik van die saak gaan vergeet nie. Tertius se kop werk oortyd.

19:30 Isidingo (SABC 3): Calvin sukkel om te aanvaar wat met hom gebeur het.  Charlie moet haar verlede in die gesig staar vir ’n beter toekoms. Zeb se plan om Agnes te oortuig is onsuksesvol.

20:03 Proesstraat (KykNET): Die wittebrood is nou verby, Melt en Pierre kom agter saambly is nie poniekoop nie. Maar hoe gemaak as jy nie kan bekostig om alleen te bly nie?

20:30 Oupa En Ouma (KykNET): Stanley besluit om aansoek te doen vir werk as ’n TV- sportkommentator. Debora kla by Patience oor Stanley se gesnorkery en Stanley help vir Anna om voor te berei vir haar rybewystoets.

21:30 Nashville (M-Net): ’n Persoonlike krisis in Nashville veroorsaak dat Rayna haar en Juliette se toer in New York moet verlaat, maar die vertoning moet voortgaan en Juliette is glad nie gelukkig met Rayna nie.