Dit is vanaand op die kassie:

17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar beste! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.

18:00 The Goldbergs (M-Net): Leef jou weer in die 80’s in met hierdie wilde familie en leef saam met hulle die lewe se struikelblokke en hoogtepunte uit.

18:30 Villa Rosa (kykNET): Die dag wat Jenny vir Louw kom haal, het aangebreek en die emosies loop oor by almal in die Villa. Hanna, ten spyte van haar gebrek aan ervaring, probber om Liam te help om by die kern van sy probleem te kom.

18:30 7de Laan (SABC2): Sal Felicity haar geheim van Herman kan weerhou? Ty en Kim kan mekaar nie verdra nie. Die Du Bruyn huis lyk splinternuut, net betyds vir hulle blink toekoms.

18:30 Britain’s Got Talent (M-Net): Amateurs van reg oor Brittanje kom bymekaar om die beoordelaars met hul talente te beïndruk.

19:00 Extant (M-Net Edge): In vanaand se episode skep Molly ’n virus wat van die alien-hibriede ontslae kan raak, en Ethan hardloop vir Charlie weg. Dan word ’n boodskap in die alien-DNS gevind.

19:30 Binnelanders (kykNET): ’n Noodvergadering word in Jana se kantoor belê. At kry uiteindelik wat hy wil hê, en Okkie deel goeie nuus met Ilse. Ivanka bied aan om Liezl uit haar verknorsing te help en Daleen keer in ’n toestand terug.

19:30 Madam Secretary (M-Net): In vanaand se episode vra Elizabeth vir Henry of hy nog by geheime sake betrokke is en hy jok deur te sê hy het afgetree.

20:00 Fiësta (kykNET): Skud jou fees-vere reg en kom toer saam met Fiësta na ons land se lekkerste en gewildste feeste.

20:30 SuperRugby (KykNET): Kenners kyk na die jongste ontwikkelinge in die rugby-wêreld. Ateljeegaste neem ook deel aan besprekings en beantwoord kykers se inbelvrae.

20:30 Revenge (M-Net): In vanaand se episode kom die FBI nader aan die waarheid en Victoria soek na maniere om haar sondes weg te steek.

21:30 State of Affairs (M-Net): In vanaand se episode reis Charlie saam pres. Payton na Katar en ’n man wat beweer hy’s ’n CIA-agent veroorsaak drama.

22:00 kykNet Aktueel - Insig (kykNET): Die redakteur van Rapport, Waldimar Pelser, is aan die stuur van hierdie geselsprogram wat dikwels 'n politieke inslag het. Die program sluit aan by 'n trotse tradisie van Afrikaanse kritiese joernalistiek.

22:00 CSI: Crime Scene Investigation (SABC 3): Volg die avonture van hierdie uitmuntede forensiese kenners. Elke week probeer hulle ’n nuwe raaisel oplos.