Wat is vanaand op die kassie?

18:00 The Big Bang Theory (M-Net): Toe die universiteit Sheldon se parkeerplek, wat hy nooit gebruik nie, aan Howard gee, begin die vriende weer wedywer.

18:27 7de Laan (SABC2): Altus oorweeg dit om ’n aanbod te maak vir die luukse huis langs die dam. Nadia is in ’n toestand ná ’n oproep van Dewald.

19:30 Fiësta (kykNET): Die gasaanbieder, die aktrise Anel Alexander, kuier by die Silwerskerm-filmfees in Kaapstad.

19:30 Primeval: New World (M-Net Series Showcase): Evan en Dylan is geskok toe hulle agterkom Leggy, ’n vleisetende voël, is nou uitgegroei en het uit ’n geheime laboratorium ontsnap.

20:30 The Amazing Race (SABC3): Seisoen 17 begin. Elf Amerikaanse spanne van twee ding mee in ’n resies om die wêreld. Hul eerste bestemming is Londen, waar hulle besienswaardighede soos Stonehenge besoek en probeer om nie eerste geëlimineer te word nie.

20:30 The Fixer (M-Net): Geheime uit Huck se verlede word onthul. Olivia en Fitz weet nie iemand luister hul emosiebelaaide gesprek af nie. Olivia se span staan saam om ’n spanlid te help.

Let asseblief op: Huisgenoot kan nie die korrektheid van die verskafte programinligting verseker nie. Netwerke pas hul uitsaairooster volgens hul diskresie aan.