17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar beste! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.

18:00 Mom (M-Net): Die skrywer van The Big Bang Theory is die brein agter die snaakse komedie. House Bunny se Anna Faris vertolk die rol van Christy wat saam met haar ma woon en opsoek is na ’n nuwe loopbaan.

18:30 Villa Rosa (kykNET): Gunther maak ‘n besigheidsbesluit, maar Saskia se nugtere denke lei hom tot ‘n onaangename verrassing. Eben wag vir Cardo en Carina waarsku hom op ‘n susterlike manier. Die nette van Maryke se verraad druk Anthony verder in ‘n hoek en sy toekoms lyk skielik nog meer duister wanneer hy ‘n onverwagse oproep kry.

18:30 7de Laan (SABC2): Het Pulane ’n nuwe liefde of hou sy Sifiso net op sy tone? Vanaand is dit maak of breek vir Ty en Antoinette se toekoms.

18:30 Masterchef Australia (M-Net): Kyk hoe die sjefs ’n storm los kook in die kombuis om die groot prys te wen.

19:30 Binnelanders (kykNET): ‘n Geweer en ‘n gebroke hart is die enigste twee belangrike goed vir Susanna op hierdie stadium, en Koot probeer die meisies beïndruk. Hormone verander die wêreld in ‘n skoppelmaai en wipplank ry gebeurtenis vir iemand. At is op Anton se spoor. Troeteldiere lei tot vele konfrontasies, en ‘n inspekteur word die deur gewys.

20:30 The Amazing Race (SABC 3): Kyk hoe die deelnemers om die wêreld rits om die een miljoen dollar prysgeld te wen.

20:00 Fiësta (kykNET): Die kykNET Fiëstas is die Suid-Afrikaanse Oscars van teater- en feespryse. Daarmee saam word daar ook jaarliks legendes en mense wat ‘n reuse bydrae tot die kunsarena gemaak het vereer. Ons gas-aanbieder is Francois Jacobs, self ‘n genomineerde.

20:30 Kyk wat maak ons nou (KykNET): Hierdie week ondersoek ons verder die gevolge van denke op dade. Wanneer vernuwende denke in die spel is, is hoë funksieprestasies die gevolg.

21:30 Insig (kykNET): Die redakteur van Rapport, Waldimar Pelser, is aan die stuur van hierdie geselsprogram wat dikwels ’n politieke inslag het. Hy onthaal weekliks gaste wat dringende aktuele sake in-diepte bespreek.

21:30 Elementary (M-Net): Lucy Liu speel in dié reeks wat die moderne weergawe van Sherlock Holmes is.

21:30 NCIS: Los Angeles ( SABC 3) : Volg die avonture van hierdie uitmuntede beamptes. Elke week probeer hulle ’n nuwe raaisel in die vloot oplos.