18:00 Villa Rosa (kykNET): Die Villa is opgewonde om Jeugdag te vier en almal is in ’n ontspanne luim. Wouter en Eben besluit om die situasie te manipuleer sodat daar meer aksie kan wees vir die kameras.

18:30 7de Laan (SABC2): Diederik se harde werk in die gim word raakgesien. Gita maak  Herman kwaad deur Nadia se hokkiespan te borg.

18:30 Binnelanders (kykNET): Die opwinding oor die Dokter-Dokter-première versprei soos ’n veldbrand. At se slinkse planne word in werking gestel. Quinton besef dis harde werk om ’n ster te wees.

18:30 I wanna Marry ‘Harry’(M-Net): Liefde is in die lug toe ’n doodgewone Engelsman hom as prins Harry voordoen vir 12 enkellopende vroue van Amerika wat op soek is na hul eie prins.

19:30 Fiësta (kykNET): Die huiskok en glanskok Errieda du Toit en Francois Ferreira is vandeesweek Fiësta se gas-aanbieders. Hulle nooi almal uit om by die fees saam met die mense van Mosselbaai te kom proe aand die heerlikste geregte.

19:30 Isidingo (SABC3): Charlie bly in ’n koma en wys geen tekens van ontwaking nie. Intussen laat val Eddie ’n bom op Cherel.

19:30 Royal Pains (M-Net): Hank gaan voort met die ondersoek oor Boris se dood. Divya en Jeremia kyk na ’n nuwe hospitaal se moderne gesondheidsorg en behandeling van ’n minderjarige bofbalspeler.

20:00 Proesstraat (kykNET): Cindy se hart is gebreek en sy nooi almal oor vir ’n jammergatpartytjie. Pelle, pajamas en eerlikheid, wat kan verkeerd loop?

20:30 Vir Beter of Baie Beter (kykNET): Barbie maak gereed vir haar induksiekursus by Bannana Air. Bokkie is vies toe sy hoor Barbie en die ander leerlinglugwaardinne gaan uniforms kry.

20:30 Survivor 23: South Pacific (SABC 3): Deelnemers is gestrand op ’n afgeleë eiland met net die bietjie klere wat hulle aanhet en moet teen mekaar meeding vir oorlewing en vir die wengeld.