17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar beste! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.

18:00 Mom (M-Net): Die skrywer van The Big Bang Theory is die brein agter die snaakse komedie. House Bunny se Anna Faris vertolk die rol van Christy wat saam met haar ma woon en opsoek is na ’n nuwe loopbaan.

18:30 Villa Rosa (kykNET): Stef probeer om verskoning vra vir sy optrede tydens die vergadering, maar niemand het veel simpatie met hom nie. Maryke speel haar speletjie met groot selfvertroue.

18:30 7de Laan (SABC2): Danelle maak ’n besluit wat haar lewe verander. Sal Bernard hul verhouding kan red? Paula is opsoek na ’n nuwe uitrusting vir haar afspraak vanaand – gaan daar weer liefde vir Paula blom?

18:30 Masterchef Junior USA(M-Net): Kyk hoe die jong sjefs ’n storm los kook in Gordon Ramsay se kombuis.

19:30 Binnelanders (kykNET): Cheri-Lee het planne met Ivanka se opvoering en Pippa sukkel om Rian in die hande te kry. Zieg se verlede spook nog by hom en Zadie is ontsteld oor Merle.

20:30 Kyk wat maak ons nou (KykNET): Ons kuier by mense regoor Suid-Afrika en kyk wat hulle met verbeelding, goeie planne en deursettingsvermoë regkry om vir hulself en ander geleenthede te skep vir ‘n suksesvolle toekoms.

20:30 The Amazing Race (SABC 3): Kyk hoe deie deelnemers om die wêreld rits om die een miljoen dollar prysgeld te wen.

21:30 Insig (kykNET): Die redakteur van Rapport, Waldimar Pelser, is aan die stuur van hierdie geselsprogram wat dikwels ’n politieke inslag het. Hy onthaal weekliks gaste wat dringende aktuele sake in-diepte bespreek.

21:30 Elementary (M-Net): Lucy Liu speel in dié reeks wat die moderne weergawe van Sherlock Holmes is.

21:30 NCIS: Los Angeles ( SABC 3) : Volg die avonture van hierdie uitmuntede beamptes. Elke week probeer hulle ’n nuwe raaisel in die vloot oplos.