17:30 Die Nataniël Tafel (kykNET): Piekniekgeregte is maklik om te verpak en te vervoer, en is heerlik warm of teen kamertemperatuur. Nataniël wys hoe.

18:00 Villa Rosa (kykNET): Celeste maak ’n ontdekking wat skokgolwe deur die Villa stuur. Vicky hou van Stef se ambisie, maar sy maak dit duidelik dat hy haar nie moet afskeep nie. Marius probeer as bemiddelaar optree in die Rautenbach-krisis, maar besef daar lê ’n moeilike tyd voor. Carina begin haar onttrek van haar verantwoordelikhede. AJ se wêreld stort in duie toe Celeste ’n besluit oor hul toekoms maak.

18:30 7de Laan (SABC2): Emma en Marko gaan met vakansie om aan hul verhouding te werk. Gaan Sonja eens en vir altyd haar rug op haar pa draai?

18:30 Binnelanders (kykNET): Christa maak met die intrapslag ’n swak indruk. Jana daag At uit om stappe te doen. Daar is nog ’n probleem by Kiepersol – en Zadie kry die wind van voor. Okkie het ’n plan met Wimpie, en Pippa beleef meer as een persoonlike krisis by die kliniek.

18:30  America’s Got Talent (M-Net): Kyk hoe Heidi Klum, Howard Stern, Mel B en Howie Mandel nuwe talent ontdek.

19:30 Fiësta (kykNET): Moenie dink die Calitzdorp Port- en Wynfees gaan net oor heerlike voggies nie. ’n Kos-safari, ’n kunsroete, geheime aandetes met bekende sjefs, feesgangers wat hul slag wys met jukskei speel, ’n historiese toer deur die dorp en heerlike musiek is onder meer van die aktiwiteite wat deur die loop van die naweek aangebied is. Fiësta en die Kokkedoor Toitnette du Toit het daar gaan inloer.

19:30 The Night Shift (M-Net): Drew sukkel om sy besering weg te steek. Intussen bevind Jordan hom in die middel van ’n familietwis.

20:00 Two And A Half Men (SABC3): ’n Hedonistiese skrywer se lewe word drasties omgekeer toe sy broer en dié se 10-jarige seun by hom intrek.

20:00 Mad About You (e.tv): ’n Rekenaar voorspel Jamie gaan saam met ’n bekende bofbalspeler slaap.

20:30 The Amazing Race (SABC3): Spanne reis die wêreld plat, terwyl hulle teen mekaar meeding vir die titel van The Amazing Race-kampioene, asook die wengeld.

20:30 The Good Wife (M-Net): ’n Politikus se vrou begin haar eie loopbaan as prokureur toe haar man weens korrupsie tronk toe gestuur word.

21:30 The Knick (M-Net): Barrow wil graag hê die kaptein moet ’n nuwe uitvindsel by Thomas Edison koop.