Dit is vanaand op die kassie:

17:00 The Doctors (M-Net City): Het jy ’n kwaal waaroor jy wonder? Die mooie dokters van The Doctors bespreek elke moontlike siektetoestand onder die son!

18:00 The Goldbergs (M-Net): Leef jou weer in die 80’s in met hierdie wilde familie en leef saam met hulle die lewe se struikelblokke en hoogtepunte uit.

18:30 Villa Rosa (kykNET): Vicky is onrustig wanneer sy uitvind Liam woon in Saskia se loft, maar Fritz stel haar gerus, min wetende Liam het hom alreeds diep in sy sak. Chubby wurm hom by die Villa in en plaas meer druk op Cardo.

18:30 7de Laan (SABC2): Wian het ’n nuwe oppasser. Nina is in lewensgevraar. Was dit die regte besluit om haar storie te vertel? Paula het genoeg gehad en sit haar voet neer.

18:30 The Voice (M-Net): Kyk hoe Blake Shelton, Pharrell Williams, Adam Levine en Christina Aguilera saam soek vir die volgende groot superster.

19:30 Binnelanders (kykNET): Kobus en Naomi is desperaat om bymekaar uit te kom, en Daleen is nie beïndruk met die nuwe reëls by Kiepersol nie. Okkie vra Naomi se hulp met Van, en At se planne werk nie heeltemal uit nie.

19:30 Grey’s Anatomy (M-Net): Vanaand is die slotepisode in die elfde seisoen van hierdie immergewilde hospitaalreeks. Wie gaan lewe? Wie gaan sterwe? Vind vanaand uit!

20:00 Fiësta (kykNET): Skud jou fees-vere reg en kom toer saam met Fiësta na ons land se lekkerste en gewildste feeste.

20:30 SuperRugby (KykNET): Kenners kyk na die jongste ontwikkelinge in die rugby-wêreld. Ateljeegaste neem ook deel aan besprekings en beantwoord kykers se inbelvrae.

21:30 Elementary (M-Net): In die week se episode moet Holmes en Watson ’n spul skermutselinge agterna sit wat twee paramedici ontvoer.

22:00 kykNet Aktueel - Insig (kykNET): Die redakteur van Rapport, Waldimar Pelser, is aan die stuur van hierdie geselsprogram wat dikwels 'n politieke inslag het. Die program sluit aan by 'n trotse tradisie van Afrikaanse kritiese joernalistiek.

22:00 CSI: Crime Scene Investigation (SABC 3): Volg die avonture van hierdie uitmuntede forensiese kenners. Elke week probeer hulle ’n nuwe raaisel oplos.