17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar stukke! Die komediant gesels met bekendes en met gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.

18:00 Molly & Wors (kykNET): Wors worstel met ’n krisis by sy werk en ouma Ella daag weer by die Visagie-woning op met ’n nuwe probleem.

18:00 About A Boy (M-Net): Will is op soek na bewyse om sy hangende hofsaak te ondersteun.

18:30 Villa Rosa (kykNET): Paul loop Marius tromp-op en vertel hom hoe hy oor Carina voel, maar sy houding het onverwagse en verreikende gevolge. Vicky se onderhoud met die tydskrif loop skeef en bring haar voor ’n moeilike keuse te staan. Fritz is eensaam en Anthony oortuig Isabel dat hulle iets moet reël om hom te verras.

18:30 7de Laan (SABC2): Vince is vies vir Langley. Paula kry die geleentheid om ’n Bella Donna funksie te reël. Bernard is skepties oor Lindile se dade.

18:30 The X-Factor UK (M-Net): Kyk hoe Louis Walsh, Simon Cowell, Cheryl Fernandez-Versini and Mel B nuwe talent ontdek.

19:30 Binnelanders (kykNET): Jana is geskok oor At se optrede en ’n gespanne Morné wag om nuus te kry oor Michelle. Gustav dink Daleen is besig om perspektief te verloor.

20:00 2 Broke Girls (SABC3): Caroline belowe om Earl se belasting vir hom uit te sorteer en vind dan uit dat Max nog nooit haar belasting betaal het nie.

20:00 Fiësta (kykNET): As dit by feeste kom is Oudtshoorn lankal nie meer slegs bekend vir die KKNK nie. Hierdie dorp pronk ook met die KKK, oftewel die Klein-Karoo Klassique – ’n fees van klassieke musiek.

20:30 Survivor 24: One World (SABC3): Deelnemers wat op ’n afgeleë eiland gestrand is, moet teen mekaar meeding vir oorlewing én die wengeld.

20:30 Jou Show (KykNET): Anna Davel kom kuier met haar fluweelstem en Anne Hirsch gebruik Anna se lirieke om mense op straat te verlei… Kokkedoor se tannie Poppie vertel ons meer oor die pop agter poppie! En Wicus daag die akteur Armand Aucamp uit vir branderplankry in Muizenberg.

20:30 Ouma Se Slim Kind (fliekNET: kanaal 198): In die 1940s word ’n verstandelike gestremde seun wees gelaat ná ’n perdekar-ongeluk. ’n Ou vrou ontferm haar oor die seun, maar dinge begin skeefloop wanneer hy skool toe moet gaan.

21:30 Insig (kykNET): Die redakteur van Rapport, Waldimar Pelser, is aan die stuur van hierdie geselsprogram wat dikwels ’n politieke inslag het. Hy onthaal weekliks gaste wat aktuele sake in-diepte bespreek.

21:30 Bates Motel (M-Net): Norman distansieer homself van Norma en Dylan moet ’n moeilike besluit neem.

23:30 Carte Blanche (M-Net): Die Carte Blanche-span ondersoek noodsaaklike kwessies wat Suid-Afrika in die gesig staar.