17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar beste! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.

18:00 The Goldbergs (M-Net): Leef jou weer in die 80’s in met hierdie wilde familie en leef saam met hulle die lewe se struikelblokke en hoogtepunte uit.

18:00 Extant (M-Net Edge): In vanaand se episode is Molly paniekbevange wanneer sy agterkom sy is besig om fisies te verander.

18:30 Villa Rosa (kykNET): Carina probeer Marius van ondergang red, terwyl Eben haar oor Marius waarsku. Hanna se irrasionele liefde vir Liam dwing haar om 'n bekentenis te maak. Stef en Saskia besef hulle speel met vuur.

18:30 7de Laan (SABC2): Sal Xander homself kan vergewe vir wat hy aangevang het? Kim is mal oor al die geskenke wat Franco vir haar gebring het.

18:30 America’s Got Talent (M-Net): Amateurs van reg oor Amerika kom bymekaar om die beoordelaars met hul talente te beïndruk.

19:30 Binnelanders (kykNET): Twee vroue daag op by Binneland Kliniek, elk opsoek na 'n dokter. Marlene se woorde ontstel Ilse, terwyl nog 'n paartjie dinge moet uitpraat ter wille van hul toekoms. Naomi se oproep kan groot nagevolge hê.

19:30 Madam Secretary (M-Net): In vanaand se episode moet Elizabeth bontstaan met die regering van Mexico ná 'n polisieman in Texas deur iemand in die Mexiaanse kartel doodgeskiet is.

20:00 Fiësta (kykNET): Mokopane se Kierieklapper Kunstefees is in 2000 in die lewe geroep as 'n fondsinsamelingsprojek vir die Potgietersrus Dienssentrum vir Bejaardes. Ons kuier saam met Dewald Wasserfall by dié uithalerfees.

20:00 Fear the Walking Dead (AMC): ’n Geheimsinnige virus breek uit en verander mense in Los Angeles in zombies. Vanaand wys die derde episode.

20:30 SuperRugby (KykNET): Kenners kyk na die jongste ontwikkelinge in die rugby-wêreld. Ateljeegaste neem ook deel aan besprekings en beantwoord kykers se inbelvrae.

20:30 Revenge (M-Net): In vanaand se episode ontdek Nolan en Emily 'n verstommende familiegeheim na Louis se broer 'n draai in die Hampton's kom maak.

21:30 State of Affairs (M-Net): In vanaand se episode moet Charlie en president Payton besluit hoe ver is hulle bereid om te gaan om die mees gesoekte terroris in die wêreld vas te trek. Vanaand is die slotepisode.

22:00 kykNet Aktueel - Insig (kykNET): Die redakteur van Rapport, Waldimar Pelser, is aan die stuur van hierdie geselsprogram wat dikwels 'n politieke inslag het. Die program sluit aan by 'n trotse tradisie van Afrikaanse kritiese joernalistiek.

22:00 Chicago Fire (SABC 3): Volg die avonture van die brandweermanne van die Chicago brandweer deur hierdie intieme kykie na hul persoonlike sowel as professionele lewens.