17:30 Sterlopers (kykNET): Brad wurg die volle waarheid oor sy verlede uit sy pa. Isabel vind uit hoekom sy die hoofrol in die Egoli-musiekblyspel aangebied is. Emma begin ’n persoonlike blog.

18:00 Villa Rosa (kykNET): Almal voel rou en seer oor die gebeure met Wanda, en veral Sussie sukkel om dit te verwerk. Ruby voel skuldig en wil Wouter bederf. Stef sis gefrustreerd omdat hy geen vordering met Astrid maak nie.

18:30 7de Laan (SABC2): Die Hillside Times se voorblad stuur skokgolwe deur die hele Laan. Intussen ondergaan Nadia die oorplanting, maar sal alles goed verloop?

18:30 Binnelanders (kykNET): At is verlig oor Jana se optrede en die jongelinge reël vir Zadie ’n toeoog-afspraak. Daar is interessante verwikkelinge met Ilse se skets, maar Okkie vertrou nie die vrede nie.

18:30 I wanna Marry ‘Harry’ (M-Net): Liefde is in die lug toe ’n doodgewone Engelsman hom as prins Harry voordoen vir 12 enkellopende vroue van Amerika wat op soek is na hul eie prins.

19:30 Fiësta (kykNET): Nelspruit se Innibos Laeveld Nasionale Kunstefees is net die regte medisyne om die winterkoue mee te verdryf. Hierdie fees is jaarliks een van die gunstelingkunstefeeste.

20:00 Two And A Half Men (SABC3): ’n Hedonistiese skrywer se lewe word drasties omgekeer toe sy broer en dié se 10-jarige seun by hom intrek.

20:30 Moeggeploeg (kykNET): Vlok sit met sy neus in Moeggeploeg se finansiële state en boeke, want hy het gehoor Jan Taks is oppad. Vlerkies en Lulu maak verbete skoon, want hulle het gehoor die gesondheidsinspekteur is op pad Ottoshoop toe.

20:30 The Good Wife (M-Net): ’n Politikus se vrou begin haar eie loopbaan as prokureur nadat haar man weens korrupsie tronk toe is.