18:00 Villa Rosa (kykNET): Fritz en Fran se kommer oor Anthony duur voort en hulle weet nie meer watter kant toe nie. Die dobbelduiwel het Wouter lelik beet en Eben waarsku hom oor dobbelverslawing.

18:30 7de Laan (SABC2): Herman is vasbeslote om uit te vind waarom raadslid Bekker sy planne met die halfeindronde vertraag. Intussen wonder die inwoners van die Heights wat die oorsaak is van die toenemende kragonderbrekings.

18:30 Binnelanders (kykNET): Tertius probeer Daleen van sensitiewe inligting beskerm en Pippa wil terugkeer werk toe. Okkie sit sy voet neer en Bea merk Naomi se ongelukkigheid op – asook die rede daarvoor.

18:30 MasterChef Australia (M-Net): Amateursjefs oor die hele Australië ding mee vir die geleentheid om hul kookkuns se horisonne te verbreed en ontwikkel, maar net een kan met die MasterChef-titel wegstap.

19:30 Fiësta (kykNET): Franci Swanepoel doen verslag oor geleenthede en gebeurtenisse. Sy kyk nie net na die geleentheid self nie, maar ook na die mense agter die skerms.

19:30 Grey’s Anatomy (M-Net): Hulle word elke dag deur die dood in die gesig gestaar, dus moet die dokters van Seattle Grace-hospitaal vertroosting, vriendskap en soms liefde by mekaar vind.

20:00 Proesstraat (kykNET): Cindy doen aansoek om ’n pos as ’n deeltydse sommelier by ’n deftige restaurant en word aangestel; ongelukkig weet sy niks van wyn nie. Sy vra die pelle om haar wynkennis te verbreed.

20:30 Vir Beter of Baie Beter (kykNET): Barbara het ’n artikel in haar tydskrif gelees wat kan bepaal hoe gelukkig ’n mens se huwelik is en hoe baie jou man vir jou omgee. Barbie wil by die plaaslike gimnasium aansluit om ’n ogie oor Dewald te hou.