Dit is vanaand op die kassie:

17:00 The Doctors (M-Net City): Het jy ’n kwaal waaroor jy wonder? Die mooie dokters van The Doctors bespreek elke moontlike siektetoestand onder die son!

18:00 The Goldbergs (M-Net): Leef jou weer in die 80’s in met hierdie wilde familie en leef saam met hulle die lewe se struikelblokke en hoogtepunte uit.

18:30 Villa Rosa (kykNET): Vicky kan uiteindelik teenoor Jenny erken dat sy weet Louw is nie haar kind nie. Stef wil Fritz se magtiging hê om besluite namens hom te kan neem, en Marius is besig om te knak onder emosionele druk.

18:30 7de Laan (SABC2): Hilda het ’n ondenkbare ervaring in die Bosveld. Sal jaloesie die einde van Dewald en Nadia se verhouding beteken? Iemand hou vir Charmaine fyn dop.

18:30 The Voice (M-Net): Kyk hoe Blake Shelton, Pharrell Williams, Adam Levine en Christina Aguilera saam soek vir die volgende groot superster.

19:30 Binnelanders (kykNET): Wimpie neem sy nuwe taak baie ernstig op, en na twee uitnodigings is Sonet in die wolke. Liezl maak ’n voorstel aan Morné oor sy toekoms, en Jennifer probeer Jana van plan laat verander.

19:30 Madam Secretary (M-Net): In vanaand se episode vra Elizabeth Henry om haar te help wanneer vertroulike inligting uitlek.

20:00 Fiësta (kykNET): Skud jou fees-vere reg en kom toer saam met Fiësta na ons land se lekkerste en gewildste feeste. Vanaand kuier ons by die Inniebosfees op Nelspruit.

20:30 SuperRugby (KykNET): Kenners kyk na die jongste ontwikkelinge in die rugby-wêreld. Ateljeegaste neem ook deel aan besprekings en beantwoord kykers se inbelvrae.

20:30 Revenge (M-Net): Hierdie is die laaste seisoen in dié dramareeks met Emily Thorne wat agter die waarheid van haar pa se dood probeer kom. In vanaand se episode is Victoria vasbeslote om Emily se ondergang te bewerkstellig en reël ’n dodelike reünie.

21:30 State of Affairs (M-Net): Vanaand is die eerste episode in hierdie aksiebelaaide reeks. Dit volg die avonture van die CIA-analis wat die Amerikaanse president daagliks ingelig hou. In vanaand se episode is Charlie Tucker (Katherine Heigl) nie seker of sy die mannekrag het om die man te vind wat haar verloofde, wat ook die president se seun is, vermoor het nie.

22:00 kykNet Aktueel - Insig (kykNET): Die redakteur van Rapport, Waldimar Pelser, is aan die stuur van hierdie geselsprogram wat dikwels 'n politieke inslag het. Die program sluit aan by 'n trotse tradisie van Afrikaanse kritiese joernalistiek.

22:00 CSI: Crime Scene Investigation (SABC 3): Volg die avonture van hierdie uitmuntede forensiese kenners. Elke week probeer hulle ’n nuwe raaisel oplos.