18:00 Super Fun Night (M-Net): Kimmie is senuweeagtig om in ’n kroeg te sing saam met Marika en Helen-Alice. Kendall probeer tussen Kimmie en Richard kom.

18:30 7de Laan (SABC 2): Felicity begin geïrriteerd raak omdat Annelie deesdae gereeld afwesig by die werk is. Die Laners begin wonder oor Antoinette wat so skielik weggeraak het.

19:30 Fiësta (kykNET): Die gasaanbieder is Manie Jackson en die Kalahri-kuierfees word besoek wat al ’n jaarlikse instelling op Upington is.

19:30 Grey’s Anatomy (M-Net): Callie en Arizona se huwelik lewer ’n paar verrassings op.

20:00 Proesstraat (kykNET): Melt besef om jou eie woonstel te hê is nie ’n grap nie. Hy moet ’n plan beraam om ’n ekstra geldjie te verdien.

20:30 2014 Golden Globe Awards (M-Net): Tina Fey en Amy Poehler bied die Golden Globes aan wat pryse aan die beste TV-reekse en films van die afgelope jaar toeken.

20:30 Oupa en Ouma (kykNET): Stanley en Debora hou nie baie van hul seun, Seuna, se vrou nie. Hulle sukkel ook om haar naam te onthou.