Dit is vanaand op die kassie:

17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar beste! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.

17:30 Hier gaan ons alweer! (kykNET): Petri en die span maak vir die eerste keer 'n draai in die Oos-Kaap. Hulle win plaaslike kennis in om gedurende 'n ysige kouefront suksesvol te hengel vir Mosselkrakers. Hulle wys ook hoe die aas voorberei word.

18:00 The Goldbergs (M-Net): Leef jou weer in die 80’s in met hierdie wilde familie en leef saam met hulle die lewe se struikelblokke en hoogtepunte uit.

18:30 Villa Rosa (kykNET): Vincent vlei die Villa Rosers verder, maar al hoe meer mense begin deur hom sien. Hanna neem op die ingewing van die oomblik 'n besluit oor haar en Liam. Intussen gooi Liam vir Marius aas uit.

18:30 7de Laan (SABC2): Hilda kry 'n oproep uit Peru. Anna vermoed iets is fout.

18:30 America’s Got Talent (M-Net): Amateurs van reg oor Amerika kom bymekaar om die beoordelaars met hul talente te beïndruk.

19:00 Extant (M-Net Edge): In vanaand se episode moet Molly en JD 'n voormalige kolleda opspoor.

19:30 Binnelanders (kykNET): Okkie kry 'n groot verrassing, Tertius probeer die held van die dag wees en Sara vra om vergifnis. At gee vir Rossouw 'n opdrag - en hy maak geen geheim daarvan dat hy nie omgee wie in die slag bly nie.

19:30 Grey's Anatomy (M-net): In vanaand se episode krap 'n uitnodiging na 'n troue vir Dr Pierce om.

20:00 Fiësta (kykNET): Huisgenoot, kykNET en Big Concerts het vanjaar kragte saamgesnoer 'n SuperSkouspel onder die sterre by die FNB Stadion in Soweto. Maak gereed vir 'n onvergeetlike aand. Die sanger Louis Loock is ons gas-aanbieder.

20:00 Dominion (M-Net Edge): In vanaand se episode moet Michael en Gabriel saam werk om Alex van New Delphi te red wanneer onthul word wie Julian werklik is.

20:00 Those Who Can't (SABC3): In vanaand se episode probeer Victor probeer Sylvia se ondergang bewerkstellig.

20:30 SuperRugby (KykNET): Kenners kyk na die jongste ontwikkelinge in die rugby-wêreld. Ateljeegaste neem ook deel aan besprekings en beantwoord kykers se inbelvrae.

21:20 The Walking Dead (FOX): Vanaand begin die sesde seisoen van hierdie supergewilde gruwelreeks. Wat wag op Rick Grimes en sy groep?

21:30 Madam Secretary (M-Net): In vanaand se episode gaan Elizabeth Turkye toe om diplomatieke bande te versterk.

22:00 How To Get Away With Murder (Vuzu AMP): Vanaand begin die tweede seisoen. In vanaand se episode word Rebecca se moordenaar onthul.

22:00 kykNet Aktueel - Insig (kykNET): Die redakteur van Rapport, Waldimar Pelser, is aan die stuur van hierdie geselsprogram wat dikwels 'n politieke inslag het. Die program sluit aan by 'n trotse tradisie van Afrikaanse kritiese joernalistiek.

22:00 Chicago Fire (SABC 3): Volg die avonture van die brandweermanne van die Chicago brandweer deur hierdie intieme kykie na hul persoonlike sowel as professionele lewens.