18:00 Villa Rosa (kykNET): Astrid lei Marius om die bos en treiter Stef en Vicky. Fritz is trots op Wouter en Astrid probeer Eben weer in haar web vang.

18:30 7de Laan (SABC2): Almal in die Heights is opgewonde oor Charmaine en David se troue Donderdag, en beplan ’n groot makietie.

18:30 Binnelanders (kykNET): Karli besef eindelik wat met Jana aan die gang is. ’n Verrassingspartytjie kry die wind van voor toe ’n koorlid se stem wegraak en die drankrekening ter sprake kom.

18:30 MasterChef Australia (M-Net): Amateursjefs oor die hele Australië ding mee vir die geleentheid om hul kookkuns se horisonne te verbreed en ontwikkel, maar net een kan met die MasterChef-titel wegstap.

19:30 Fiësta (kykNET): Dias se aankoms in Mosselbaai word jaarliks tydens die Diasfees gevier, en dit is voorwaar ’n prettige ervaring met heelwat musiekvermaak, ’n straatparade en ander aktiwiteite.

19:30 Grey’s Anatomy (M-Net): Cristina is onseker oor haar toekoms by die hospitaal en vra Meredith se hulp. Derek en Amelia werk saam aan ’n moeilike operasie.

20:00 Proesstraat (kykNET): Cindy moet ’n liefdadigheidsveiling reël en dink haar vriende sal ’n redelike prys haal en so ’n paar rand insamel.

20:30 Vir Beter of Baie Beter (kykNET): Colin het probleme met sy selfbeeld en klop by Boetie om hulp aan. Maar Boetie het probleme van sy eie: Barbara wil ’n balletopvoering gaan kyk.