Dit is vanaand op die kassie:

17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar beste! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.

18:00 About A Boy (M-Net): Die reeks is gebasseer op die topverkoper boek van dieselfde titel en bekroonde aktrise, Minnie Driver, vertolk die hoofrol.

18:30 Villa Rosa (kykNET): Daar verskyn ’n berig in die plaaslike koerant wat ernstige gevolge vir die Rautenbachs kan hê. Vicky probeer steeds na Stef uitreik, maar hy bly afgeslote. Isabel ontstel Fritz met haar houding oor die Villa se aandele, terwyl die eksekuteur van Astrid se boedel ’n onbekende man moet opspoor voor haar testament gelees kan word...

18:30 7de Laan (SABC2): Altus beskuldig Marko daarvan dat hy met sy meisie gemors het. Dit gaan swaar met Aggie. Gita deel haar duistere planne vir die Deli met Ty.

18:30 Got to Dance (M-Net): Kyk hoe Ashley Banjo, Kimberly Wyatt en Adam Garcia hul soektog voortsit om die VK se talentvolste dansers op te spoor.

19:30 Binnelanders (kykNET): Tertius kan nie werk toe gaan nie – en dan kry hy nóg slegte nuus. Mnr. Rossouw en At het ’n interessante gesprek in ’n hysbak, en Okkie se probleme kan nie opgelos word met ’n telefoonoproep nie. Kobus word bevorder, terwyl sy voorman nie opdaag vir werk nie, en dit veroorsaak moeilikheid tussen hom en Naomi.

20:00 The Big Bang Theory (SABC3): ’n Vrou wat in die woonstel oorkant twee briljante, maar sosiaal wanaangepaste, wetenskaplikes intrek maak hul touwys van die lewe buite die laboratorium.

20:30 The Amazing Race (SABC3): Deelnemers rits regoor die wêreld en kompeteer om die groot kontant prys te wen.

20:30 Jou Show (KykNET): Die man met die breë skouers, Joe Niemand, kuier by ons in die ateljee en sing een van sy treffers. Die skreeusnaakse Denver Vraagom gaan speel ten pin bowling saam met Wicus en kielie ons maagspiere met al sy grappies. Beeld se redakteur, Adriaan Basson, vertel ons meer oor die Muilbandwet, of te wel die Wetsontwerp op die Beskerming van Staatsinligting. Adriaan en Denver debatteer oor waarom sepies goed is. Anne is weer besig met alle soorte kattekwaad…

21:30 Insig (kykNET): Die redakteur van Rapport, Waldimar Pelser, is aan die stuur van hierdie geselsprogram wat dikwels ’n politieke inslag het. Hy onthaal weekliks gaste wat dringende aktuele sake in-diepte bespreek.

21:30 Golden Globe Toekennings(M-Net): Kyk hoe die bestes in die bedryf vanjaar vereer word.