Wat is vanaand op die kassie?

18:30 Binneland (kykNET): Busi en Naomi bespreek Okkie se liefdeslewe. Rian se planne maak At net meer vasbeslote.

18:30 7de Laan (SABC2): Jerome probeer om uitnodigings vir hom en Oubaas na Gita se skemerkelkie te kry. Hilda sien ’n vreemde vrou in hul woonstel.

19.30 Fiësta (kykNET): Die gasaanbieder Anél Potgieter besoek die sesde Taste of Cape Town-fees, waar sjefs van oor die wêreld hul geheime met lekkerbekke deel.

20:30 The Fixer (M-Net): Fitz weet nie wie om te vertrou nie. Olivia probeer aangaan met haar lewe.

20:30 Survivor: Redemption Island (SABC3): ’n Intense argument laat die vonke spat by die stamberaad.

21:30 The Newsroom (M-Net): Will vertel Nina die waarheid. ’n Nuwe getuie in die Genoa-storie verskyn op Twitter.

Let asseblief op: Huisgenoot kan nie die korrektheid van die verskafte inligting verseker nie. Netwerke pas hul uitsaairooster volgens hul diskresie aan.