Wat is vanaand op die kassie?

19:30 Fiësta (kykNET): Die gasaanbieder Angola Badprop besoek die Oppikoppie-musiekfees in Limpopo.

19:30 Royal Pains (M-Net): Die vierde seisoen eindig. Evan se rampartytjie en Paige se kombuistee eindig albei op in Las Vegas.

20:00 Treknet (kykNET): John en Boet trek berugte perlemoen-smokkelaars vas. Ook red hulle Oortjies van verdrinking en hy sluit by hulle aan.

20:03 The Big Bang Theory (SABC3): Een van Wolowitz se geheime kom aan die lig terwyl Sheldon en Raj mekaar aanvat by die werk. Met die gasspelers Katee Sackhoff van Battlestar Galactica en George Takei van Star Trek.

20:30 Twisted (M-Net Series Showcase): Voorbereidings word getref vir die jaarlikse Hersfees, maar die inwoners van Green Grove kan nie ooreenstem of Danny by die fees toegelaat mag word nie.

20:30 The Amazing Race (SABC3): Die spanning loop hoog toe twee spanne vir die eerste ’n U-turn kry en ’n ekstra taak moet verrig, wat hulle kans benadeel om die laaste vier te haal.

Let asseblief op: Huisgenoot kan nie die korrektheid van die verskafte inligting verseker nie. Netwerke pas hul uitsaairooster volgens hul diskresie aan.