17:30 Die Nataniël Tafel (kykNET): Kos wat in ’n eetbare omhulsel of houer voorgesit word, is perfek vir ’n piekniek, middagete, partytjie of reis. Daar is baie lekkerder, opwindender en slimmer idees as die gewone toebroodjie en toevoukos wat duisende mense elke dag in supermarkte haastig na gryp. In hierdie episode draai Nataniël alles toe, van voorgereg tot nagereg.

18:00 Villa Rosa (kykNET): Vicky is oorgehaal om vir Marius en Carina ’n formele ete soos min voor te sit, terwyl Sussie wik en weeg oor die aanbod wat sy vir King Pie gekry het. Eben probeer wegsteek dat hy vandag by die polisie ’n verklaring gaan aflê, min wetend dat Astrid reeds konkel om Jimmy se bas te red.

18:30 7de Laan (SABC2): Sonja voel verleë oor haar ma se nuwe werk in die boetiek. Ty se herinneringe oor Antoinette plaas druk op sy verhouding met Lerina.

18:30 Binnelanders (kykNET): Jana is nie seker hoe om sake met Karli reg te stel nie. Eindelose oproepe irriteer die Dokter-Dokter-span. Justin is opvallend ontsenu oor Margot se nuwe houding.

18:30 Bet On Your Baby (M-Net): Vyf gesinne met twee- of driejarige kleuters gaan weddenskappe aan om geld vir die kinders se universiteitsopleiding te wen.

19:30 Fiësta (kykNET): Fiësta kuier graag by Richardsbaai se Dolosfees in Kwazulu-Natal. Vanjaar was dit weer so met groot name wat kom musiek maak het en allerhande lekker feesaktiwiteite om feesgangers mee te vermaak. Jak de Priester is die gas-aanbieder.

20:00 Two And A Half Men (SABC3): ’n Hedonistiese skrywer se lewe word drasties omgekeer toe sy broer en dié se 10-jarige seun by hom intrek.

20:30 Moeggeploeg (kykNET): Dier wil die Leeu van die Wes-Transvaal laat herleef en dit gee ’n ander soort Leeuloop af. Vlerkies besluit om Pocket, die nuwe saad-verteenwoordiger, vir ete te nooi in ’n poging om ’n liefdesbelangstelling vir Glenda te kry.

20:30 The Amazing Race (SABC3): Spanne reis die wêreld plat, terwyl hulle teen mekaar meeding vir die titel van The Amazing Race-kampioene, asook die wengeld.

20:30 The Good Wife (M-Net): ’n Politikus se vrou begin haar eie loopbaan as prokureur toe haar man weens korrupsie tronk toe gestuur word.