17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar beste! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.

18:00 About A Boy (M-Net): Marcus raak op ’n rebelse meisie verlief.

18:30 Villa Rosa (kykNET): Almal is bekommerd oor Gerhard wat steeds toeklap oor sy siekte. Astrid word vasgevat en besluit sy benodig dringend goeie reklame. Sy oorrompel Fritz met haar goedhartigheid, en Sussie kry nuwe hoop. Lindie besef ook sy is op dun ys en katrol Fran in om te help. Vicky het ’n blink, nuwe plan om Louw en die res van die wêreld se kinders te beveilig. Carina besluit om haar inmengerige boetie ’n les te leer.

18:30 7de Laan (SABC2): Bonita verras Vince met ’n geskenk. Altus vertel Vanessa die waarheid.

18:30 The X-Factor UK (M-Net): Kyk hoe Louis Walsh, Simon Cowell, Cheryl Fernandez-Versini and Mel B nuwe talent ontdek.

19:30 Binnelanders (kykNET): Karli se Google-soektog oor ’n man lei tot ’n ligte flankeerdery, en Morné maak sy hart oop. Gustav sien iets spesiaals in die hospitaal gebeur, en At wil weet wie Jenny is. Zieg neem Jana in sy vertroue, en ’n diep sny lei tot ’n dieper gesprek.

19:30 Greys Anatomy (M-Net): Jo is jaloers op Alex en Meredith se vriendskap. Maggie vertel Richard hoe sy voel. Alex en Bailey berei hulle voor vir die hospitaalraad.

20:00 Mad About You (e.tv): Paul en Jamie se dogter vertel haar lewensverhaal in 2028.

20:00 2 Broke Girls (SABC3): Max en Caroline kry nog ’n werk vir hul Kersfees-onkostes.

20:00 Fiësta (kykNET): Die legendariese Oppikoppi is vanjaar ’n volle 20 jaar oud. ’n Hele geslag rockers en liefhebbers van gehaltemusiek het saam met Oppikoppi grootgeword en vanjaar word dit behoorlik gevier met optredes deur groepe soos Van Coke Kartel, Albert Frost, Dan Patlansky en Springbok Nude Girls. Johan Baird het saam met Fiësta in die Bosveld kom kuier

20:30 Survivor 24: One World (SABC3): Deelnemers wat op ’n afgeleë eiland gestrand is, moet teen mekaar meeding vir oorlewing en ten einde die wengeld.

20:30 SA’s Got Talent (e.tv): Beoordelaars soek landwyd na Suid-Afrika se nuwe, groot ster. Van dansers tot komediante, enigiemand mag deelneem.

21:30 Insig (kykNET): Die redakteur van Rapport, Waldimar Pelser, is aan die stuur van hierdie geselsprogram wat dikwels ’n politieke inslag het. Hy onthaal weekliks gaste wat dringende aktuele sake in-diepte bespreek.

21:30 Bates Motel (M-Net): Norma se broer, Kaleb, daag uit die bloute op en Norman leer ken ’n meisie van die dorp beter.

23:30 Carte Blanche (M-Net): Die Carte Blanche-span ondersoek noodsaaklike kwessies wat Suid-Afrika in die gesig staar.