Dit is vanaand op die kassie:

  • 18:30 7de Laan (SABC 2): Marko kan nie verstaan hoekom Emma so teenoor hom optree nie. Paula keer dat Altus en Kristin laat werk.
  • 18:30 Binneland (kykNET): Delia wil weet hoekom Malan terug is in Suid-Afrika, en Morné besluit om uit te glip. Linda se idees werk nie vir Pippa nie, en Nigel sit sy beste voetjie voor – maar nie vir Zadie nie.
  • 19:30 Fiësta (kykNET): Renate Riedemann van die groep Dogters van Man is die gasaanbieder by die Durbanville Wynvallei se jaarlikse Seisoen van Sauvignon.
  • 20:00 The Big Bang Theory (SABC3): Bernadette en Amy help Penny om Leonard se nuwe verhouding met Priya te verwerk.
  • 20:00 Mad About You (e.tv): Paul en Jamie probeer Mabel so ver kry om self aan die slaap te raak.
  • 20:30 Proesstraat (kykNET): Melt het ontsettend tandpyn en al die pelle probeer hom help. Maar wanneer raak die pelpyn erger as die tandpyn? Met Melt Sieberhagen, Pierre Breytenbach, Wikus du Toit en Ilne Fourie.