17:30 Marita Kook (KykNET): Twee keer per jaar hou die eeue oue stad Nimes ’n fees waartydens matadors van oral aan bulgevegte kom deelneem. Marita en die gaskok Theo Meyer kuier by die tweede fees vanjaar.

18:00 Villa Rosa (KykNET): Dis vir Vicky baie moeilik om Louw te groet toe sy Kaap toe gaan, maar Sussie belowe sy sal hom soos goud oppas. Isabel is eers skepties oor Liam, maar sy leer hom beter ken.

18:30 7de Laan (SABC 2): Nadia kry die verkeerde inligting oor Bertus se gedrag op die partytjie. Wat is in die bokse wat Wessel in Bonita se koelkamer berg?

18:30 Binnelanders (KykNET): Zadie se goeie bedoelings laat Naomi in die moeilikheid beland. Delia is oorgehaal om haar sin te kry. Franz vind iets uit wat die hele Binneland se toekoms kan beïnvloed.

19:30 Isidingo (SABC 3): Julian besluit dis tyd om te kry wat hom toekom. Zeb leer die duur les dat sosiale media ’n mens se lewe onnodig ingewikkeld kan maak.

20:03 Proesstraat (KykNET): Melt kan nie die woonstel se huur alleen bekostig nie, en voer onderhoude vir ’n geskikte huismaat wat die koste kan help deel.

20:30 Oupa en Ouma (KykNET): Stanley en Debora besluit om ’n bietjie te gaan dans. Anna help Stanley oefen. Hul dogter, Sarie, het ’n probleem en daag onverwags op.

21:30 Nashville (M-Net): Rayna neem haar twee dogters en suster saam met haar op ’n toer in New York, maar Rayna hou nie van die invloed wat Juliette op haar dogters het nie. Intussen gee Dante Juliette loopbaanraad. Deacon heroorweeg sy lewenspad vanweë sy gevoelens vir Stacey.