17:30 Die Nataniël Tafel (kykNET): Nataniël het grootgeword met die woord foefertjies. Dit is gebruik om klein of fyn eetgoed te beskryf, enigiets wat met die hand geeët kan word. Dit bly ’n gunsteling by oggendgeleenthede, kerkbasaars, bidure en begrafnisse. Ongelukkig bestaan die meeste foefertjies uit deeg. Nataniël probeer ’n nuwer en gesonder oplossing vind.

18:00 Villa Rosa (kykNET): Dis Lentedag, maar Wouter treur oor sy Lente wat hom verlaat het. AJ besluit om terug plaas toe te gaan en sake met Celeste uit te praat, en Astrid speel steeds die ondersteunende vriendin. Isabel wys Anthony ’n ideale geleentheid uit, terwyl Stef en Vicky weer haaks is oor die kindkwessie.

18:30 7de Laan (SABC2): Hoe gaan die kinders by die skool op Sonja se nuwe skooluniform reageer? Ty is op die randjie van ’n ineenstorting weens die skokkende gebeure van die afgelope paar weke.

18:30 Binnelanders (kykNET): Adelyn is meer bekommerd as Karli oor die huurgeld wat moet in wees. Adler en Jana beweeg nader aan mekaar. Margot berei haar voor vir een laaste ontmoeting met Stian.

18:30 America’s Got Talent (M-Net): Kyk hoe Heidi Klum, Howard Stern, Mel B en Howie Mandel nuwe talent ontdek.

19:30 Fiësta (kykNET): Die Fiësta-span kuier vandeesweek in Bothaville vir twee besonderse feeste, die bekende Nampo-Oesdag, asook die heel eerste Bonnox Plaasvars-fees, wat deur kykNET Musiek aangebied is. Vir al die landbou- en buitelewe-entoesiaste is daar genoeg uitstallings om hulle dae lank besig te hou. Agterna kan feesgangers heerlik ontspan by Plaasvars saam met van Suid-Afrika se top-musiektalent. Nadia Beukes en die boere van Boer Soek ’n Vrou het ook ’n draai kom maak. Die sangeres Anaïs is die gas-aanbieder.

20:00 Two And A Half Men (SABC3): ’n Hedonistiese skrywer se lewe word drasties omgekeer toe sy broer en dié se 10-jarige seun by hom intrek.

20:00 Mad About You (e.tv): Paul en Jamie gaan op die wittebrood wat hulle nooit gehad het nie, maar dan beland hulle in onverwagse geselskap.

20:30 The Amazing Race (SABC3): Spanne reis die wêreld plat, terwyl hulle teen mekaar meeding vir die titel van The Amazing Race-kampioene, asook die wengeld.

20:30 The Good Wife (M-Net): ’n Politikus se vrou begin haar eie loopbaan as prokureur toe haar man weens korrupsie tronk toe gestuur word.