17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar beste! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.

18:00 The Goldbergs (M-Net): Leef jou weer in die 80’s in met hierdie wilde familie en leef saam met hulle die lewe se struikelblokke en hoogtepunte uit.

18:30 Villa Rosa (kykNET): Cardo en Celine kry swaar nadat hul verhouding tot 'n einde gekom het. Liam maak 'n onthulling wat Saskia laat dink sy het die hef in die hand, totdat Liam met 'n donker geheim vorendag kom.

18:30 7de Laan (SABC2): Bruynwaves hou ‘n skemerkelkie by hulle nuwe kantore. Kim glip weg om die kat in die donker te gaan knyp. Ty vertel vir Gita van sy nuutste besigheids plan.

18:30 The Voice (M-Net): Kyk hoe Blake Shelton, Pharrell Williams, Adam Levine en Christina Aguilera saam soek vir die volgende groot superster.

19:30 Binnelanders (kykNET): Morné se toepaslike straf moet nog aandag geniet, en Ilse en Okkie is bekommerd oor Van. Tertius en Gustav waarsku Herman teen Wimpie, terwyl 'n ma en dogter nie langs dieselfde kampvuur sit as dit by 'n man kom nie.

20:30 Survivor: Philippines (SABC 3): Kyk hoe die deelnemers op ’n afgesonderde bestemming probeer oorleef om die miljoen dollar prysgeld te wen.

20:00 Fiësta (kykNET): Die Oppiwa-fees in Jacobsbaai is 'n unieke feestelikheid waar feesgangers agter op waens saam met bekende sangers, akteurs en storievertellers kuier. Neels van Jaarsveld is ons gas-aanbieder.

20:30 SuperRugby (KykNET): Kenners kyk na die jongste ontwikkelinge in die rugby-wêreld. Ateljeegaste neem ook deel aan besprekings en beantwoord kykers se inbelvrae.

21:30 Elementary (M-Net): In die week se episode moet Holmes en Watson met ’n vreesaanjaende kuberkraker afreken.

22:00 kykNet Aktueel - Insig (kykNET): Die redakteur van Rapport, Waldimar Pelser, is aan die stuur van hierdie geselsprogram wat dikwels 'n politieke inslag het. Die program sluit aan by 'n trotse tradisie van Afrikaanse kritiese joernalistiek.

22:00 CSI: Crime Scene Investigation (SABC 3): Volg die avonture van hierdie uitmuntede forensiese kenners. Elke week probeer hulle ’n nuwe raaisel oplos.