17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar beste! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.

18:00 About A Boy (M-Net): Will bou vir Marcus ’n balkon om vir sy skoolkonsert te gebruik.

18:30 Villa Rosa (kykNET): Louw is weg en daar heers chaos oor die Villa. Kruip hy weg?

18:30 7de Laan (SABC2): Ryno en Aggie verskyn in die hof vir kruisondervraging. Gaan Emma tronk toe? Paula is op die oorlogspad en niks gaan haar keer nie.

18:30 The X-Factor UK (M-Net): Kyk hoe Louis Walsh, Simon Cowell, Cheryl Fernandez-Versini and Mel B nuwe talent ontdek.

19:30 Binnelanders (kykNET): Pille is die groot rede vir verandering in planne. Carol dagvaar die hospitaal vir nalatigheid en Okkie is woedend toe hy te hore kom van die voorval in Nagskof.

19:40 Greys Anatomy (M-Net): April se ma kuier by haar en Jackson. Intussen is Bailey bekommerd oor haar gesondheid en Derek reël ’n familie-ete.

20:00 2 Broke Girls (SABC3): Max en Caroline gee voor dat hul kolwyntjies spesiaal vir Jode is.

20:00 Fiësta (kykNET): Die Fiësta-span gaan maak ’n draai by die Garnaalfees in Komatipoort naby die Krugerwildtuin.

20:30 Survivor 24: One World (SABC3): Deelnemers wat op ’n afgeleë eiland gestrand is, moet teen mekaar meeding vir oorlewing en ten einde die wengeld.

20:30 Jou Show (KykNET): Kurt Darren verklap ’n paar geheime oor sy gesin. Anne Hirsch vaar die strate in op soek na die grootste Kurt-aanhangers! Nic van Wyk vertel oor sy dae op Kokkedoor en deel ’n paar braai-wenke met Wicus. Spoegwolf, ’n groep uit Stellenbosch, sing die gehoor skoon nostalgies.

21:30 Insig (kykNET): Die redakteur van Rapport, Waldimar Pelser, is aan die stuur van hierdie geselsprogram wat dikwels ’n politieke inslag het. Hy onthaal weekliks gaste wat dringende aktuele sake in-diepte bespreek.

21:30 Bates Motel (M-Net): ’n Donker geheim bedreig Norma en Norman se verhouding. Intussen is Emma in gevaar.

23:30 Carte Blanche (M-Net): Die Carte Blanche-span ondersoek noodsaaklike kwessies wat Suid-Afrika in die gesig staar.