17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar beste! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.

17:30 Waardevol (kykNET): Hierdie week kyk Elma Postma na al die wonderlike moontlikhede vir besparing in en om die huis: van jou klerekas tot in jou tuin is daar briljante oplossings wat jou rande kan rek.

18:00 Mike & Molly (M-Net):  Molly gaan vir agt weke op ’n kursus en Mike is glad nie tevrede daarmee nie.

18:30 Villa Rosa (kykNET):  Eben kry ’n geleentheid om Fran ’n streep te trek. Eben vat ook vir Marius vas, en Stef vra die groot vraag.

18:30 America’s Got Talent (M-Net): Kyk hoe Heidi Klum, Howard Stern, Mel B en Howie Mandel nuwe talent ontdek.

18:30 7de Laan (SABC2):  Neville sê vir Daleen sy moet loop. Matrone is glad nie beïndruk met Eclectic E se diens nie. Pulane kry ’n werksaanbod, en iemand hou Emma dop.

19:30 Binnelanders (kykNET): Daleen en Tertius se eiendomsagent doen veel meer as wat sy moet. Judith se gesondheid is ’n rede tot kommer. Marcel ontmoet vir Ivanka Gouws en die Malherbes beland in twee verskillende hospitale se ongevalle.

19:30 MasterChef South Africa (M-Net): Amateursjefs oor die hele Australië ding mee vir die geleentheid om hul kookkuns se horisonne te verbreed en ontwikkel, maar net een kan met die MasterChef-titel wegstap.

20:30 Bravo! (kykNET): Andriëtte Norman vier haar sukses in die musiekbedryf met haar nuwe album wat goud behaal het. Die Bravo!-span kuier ook agter die skerms van die Aardklop-toneelstuk Bloed en Rose en woon Jakkie Louw se boekbekendstelling by.

20:30 Boer Soek ’n Vrou (kykNET): Kom kuier saam met Nadia by die 10 boere wat ingeskryf het.

20:30 The Ultimate Braai Master (e.tv): Die derde seisoen van Suid-Afrika se moeilikste buitemuurse kook-kompetisie is hier! Kyk hoe 15 spanne teen mekaar meeding om die titel te verower.

20:30 Top Billing (SABC3): Die Top Billing-span fokus op mense en plekke in Suid-Afrika, asook oor die hele wêreld. Hulle kyk na die nuutste modegiere, flieks en hou eksklusiewe onderhoude met bekendes.

21:30 Flits (kykNET):  Yvonne Beyers en Fanie Cronjé het ’n vars en energieke benadering tot die wêreld van Afrikaanse kuns, modes en sosiale ontwikkelinge.

22:00 Two And A Half Men (SABC3): ’n Hedonistiese skrywer se lewe word drasties omgekeer toe sy broer en dié se 10-jarige seun by hom intrek.