Dit is vanaand op die kassie:

17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar beste! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.

18:15 QI (BBC Entertainment): Die slimkoppe onder ons moet naderskuif vir ure se vermaak en inligting saam met Stephen Fry. Dis pret en jy leer iets.

18:30 Villa Rosa (kykNET): Saskia probeer Vicky ondersteun, terwyl Eben sy bes doen om Celine op te beur. Lida en Hanna sit weer vas, en Stef vind uit Fritz het vir Liam se nuwe firma borg geteken.

18:30 7de Laan (SABC2): Sonja sukkel om haar gevoelens teenoor Willem te versteek. Oubaas en Hilda beplan ’n romantiese wegbreeknaweek. Nthabi se toekoms hang alles af van ’n besluit wat sy vandag maak.

19:30 Binnelanders (kykNET): Daar is nog tyd om toekomsplanne in die wiele te ry, nog ’n skinderrubriek lok uiteenlopende reaksie uit. ’n Koppie koffie en ’n verslag lei tot nuwe krisisse.

19:30 Top Billing (SABC3): Die Top Billing-span fokus op mense en plekke in Suid-Afrika, asook oor die hele wêreld. Hulle kyk na die nuutste modegiere, flieks en hou eksklusiewe onderhoude met bekendes.

19:30 Suits (M-Net): Die vyfde seisoen in dié gewilde reeks wat in die regswêreld afspeel het nou begin. In vanaand se episode voer Harvey werksonderhoude en Mike sukkel met Jessica in sy nuwe saak.

20:00 Bravo! (kykNET): Die glansryke Bravo-span kyk wat ons land se groot en bekende name aanvang, of dit nou op die rooitapyt, agter die skerms of selfs aan huis is.

20:30: Republiek van Zoid-Afrika (kykNET): Welkom terug in die republiek van Zoid Afrika, waar lag en musiek die beste medisyne is. Aanbieder Karen Zoid gesels weer met haar gunsteling-denkers, -dromers, -besluitnemers en ander moedige en merkwaardige mense. Vanaand kuier Steve Hofmeyr en Tannie Evita by Karen.

21:00 True Detective (M-Net Edge): ’n Uitmergelende misdaadreeks waarin die polisie en lede van die Los Angeles onderwêreld koppe stamp en ook saamwerk om ’n bose moordenaar in hul midde op te spoor. In vanaand se episode pas Ani die wet toe en sit Ray op sy plek.

21:30 Supernatural (SABC 3): In hierdie fantasiereeks moet die broers Sam and Dean bonatuurlike wesens soos spoke en vampiere beveg.

22:00 kykNET Aktueel - Flits (kykNET): Kim Cloete, Yvonne Beyers en Fanie Cronjé het ’n vars en enrgieke benadering tot die wêreld van Afrikaanse kuns, modes en sosiale ontwikkelinge.