17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar beste! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.

18:30 Masterchef Australia (M-Net): Kyk hoe die sjefs ’n storm los kook in die kombuis.

18:30 Villa Rosa (kykNET): Gunther voel hy dien nie meer ’n doel in Bloenfontein nie en Saskia maak finaal seker Fritz is aan haar kant. Gerhard soek raad met sy liefdesake nadat Kotie hom diep in sy eer gekrenk het.

18:30 7de Laan (SABC2): Bonita gloei van geluk en Vince is weer sy ou self. Paula word onkant betrap deur die negatiewe kommentare op haar vlog. Het Marko ’n nuwe liefde?

19:30 Binnelanders (kykNET): Dit is ’n dokter se eerste dag in ongevalle. Maar Gustav vertrou nie die kalant nie. Karli se partytjie gee haar ’n duidelike rede om van plan te verander en die vrede in Eikehof is van korte duur.

19:30 She’s the one (SABC3): Twee Iers-Amerikaanse broers se liefdeslewens word verstengel in hierdie komedie wat in New York afspeel.

19:30 The Fixer (M-Net): Hierdie bekroonde drama het Kerry Washington as Olivia Pope, ’n “fixer” vir die Withuis.

20:00 Vikings (M-Net Edge, DStv-kanaal 102): Bekroonde reeks wat die Noorse held en sy Viking-broers volg.

20:00 Bravo! (kykNET): Ons sien wat gebeur by vanjaar se Fleur ddu Cap-teaterpryse. Ons kuier agter die skerms van die toneelstuk Moeder Moed en Haar Kinders en maak ’n draai op die nuwe stel van Glam Guru.

20:00 Voetspore (SABC 3): Reis saam met die Voetspore-span deur Afrika en ervaar saam met hulle al die uitdagings, ongelooflike landskappe en verskillende kulture.

20:30: Koekedoor (kykNET): Vir Koekedoor beteken basaar ‘n grootkoekfees, met die koektafel as die gewildste bestemming. Hierdie spogkoeke het twee kante: die sonde-kant van suiker-oordaad, en ‘n barmhartige kant, want elke sent gaan vir liefdadigheid.

20:30 Top Billing (SABC3): Die Top Billing-span fokus op mense en plekke in Suid-Afrika, asook oor die hele wêreld. Hulle kyk na die nuutste modegiere, flieks en hou eksklusiewe onderhoude met bekendes.

21:30 kykNET Aktueel - Flits (kykNET): Kim Cloete, Yvonne Beyers en Fanie Cronjé het ’n vars en enrgieke benadering tot die wêreld van Afrikaanse kuns, modes en sosiale ontwikkelinge.