Dit is vanaand op die kassie:

17:29 Geure Uit Die Vallei (kykNET): Soos die temperature daal, hunker Chris na warm, hartlike, heilsame trooskos. Die aanloklike, aptytwekkende hoofgereg van groenertjie- en spinasierisotto word bedek met liggies geroosterde forelfilet.

18:00 Villa Rosa (kykNET): Eben sukkel om te verwerk dat Wouter hom nie by sakeplanne wil insluit nie. Astrid ontvang ’n geheimsinnige boodskap van Valdez. Fritz is onrustig oor Marius se vyandigheid teenoor hom.

18:30 7de Laan (SABC2): Hilda twyfel oor of sy die laken moet afhaal of nie. Paula probeer Elsa Winterbach oortuig om haar artikel in Bella Donna te publiseer. 

18:30 Binnelanders (kykNET): At vertel Rian van Jana. Wimpie se opgewondenheid oor die partytjie gaan vir iemand te vêr. Jana en Quinton is albei bitter teleurgesteld oor die toedrag van sake.

18:30 MasterChef Australia (M-Net): Amateursjefs oor die hele Australië ding mee vir die geleentheid om hul kookkuns se horisonne te verbreed en ontwikkel, maar net een kan met die MasterChef-titel wegstap.

19:31 Bravo! (kykNET): Die Bravo!-span praat met die gewilde en sexy Jay du Plessis oor ’n lewe in die kollig en as gesinsman. Die wenner van Holland’s Got Talent, Amira Willighagen, sing in ’n konsert by Nederburg en die span het gaan kyk.

19:30 Revenge (M-Net): Toe die Graysons die oorhand begin kry, moet Emily drastiese stappe doen deur ’n nuwe identiteit vir haarself te skep om hulle bloot te stel.

20:01 Kokkedoor (kykNET): Koek-eet is vir die suiwer plesier, maar die bak daarvan vat presisie en ‘n koel kop... veral as die President van die VLV in die Kokkedoorstoor kom kuier. Elke span moet ‘n koektafel uitpak met koeke, klein en groot; ouderwets en modern, ‘n koek-uitpak wat van tentoonstelling-gehalte is.