Dit is vanaand op die kassie:

17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar stukke! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.

17:30 Fiësta (kykNET): Ons kyk wie Fiësta almal so lekker aangebied het en kykers kry kans om te stem vir hul gewildste aanbieder van die afgelope jaar.

18:00 Bad Teacher (M-Net): ’n Geskeide onderwyseres is op soek na haar volgende man.

18:30 Got to Dance (M-Net): Kyk hoe Ashley Banjo, Kimberly Wyatt en Adam Garcia hul soektog voortsit om Brittanje se talentvolste dansers op te spoor.

18:30 Villa Rosa (kykNET): Stef se worsteling met Astrid se dood maak dat hy hom onttrek aan Vicky, en dit veroorsaak spanning in die verhouding. Maryke soek vriendskaplike toenadering by Anthony en hy reik uit na haar. Sonja se troeteldiere het almal aan die wonder, min wetende wat werklik in die vistenk woel. Eben kom toevallig af op inligting wat hom skok.

18:30 7de Laan (SABC2): Marko raak op die een of ander manier betrokke by Paula se liefdeslewe. Paula loop kry ’n blou oog en geen liefde nie. Vanaand is Nthabi se eerste afspraak met die nuwe ou in die Laan.

19:30 Binnelanders (kykNET): Sleutels, ’n skêr, ’n passievolle rooikop en ’n ontboeseming kan Daleen Jonker se lewe vir goed verander. Zieg Combrink word uitgeskop, en Frankie kry die wind van voor by die hospitaal. Jana probeer ’n situasie ontlont, en iemand se opleiding keer dat ’n probleem vererger.

19:30 Feast (M-Net): Hierdie opwindende kookprogram bring al jou geliefkoosde bekende sjefs bymekaar en wys jou hoe om ’n lekker gereg vir die feestyd te berei.

19:30 Man Cave (SABC3): Janez Vermeiren en Lunga Shabalala ding mee in die “ultimate bro-down”.

20:00 Bravo! (kykNET): kykNET en Rapport kondig die wenners van hulle nuwe boekpryse aan. Die aanbieders gesels met een van die grootste musiekbemarkers ter wêreld en kykers sien wat die nuwe dramareeks Vlug na Egipte inhou.

20:00 Voetspore (SABC 3): Reis saam met die Voetspore-span deur Afrika en ervaar saam met hulle al die uitdagings, ongelooflike landskappe en verskillende kulture.

20:00 Crossbones (M-Net Edge, DStv-kanaal 102): Die bekroonde akteur John Malkovich vertolk die rol van die legendariese Blackbeard in hierdie seerower-avontuur. Lowe vertrek na Jamaica nadat hy ’n ooreenkoms met Blackbeard sluit.

20:30 Sandra op ’n Drafstap (kykNET): Emma Renzi – Sandra draf ’n kilometer of wat saam met hierdie dinamiese vrou en sing saam met haar ’n aria uit Aida.

20:30 Top Billing (SABC3): Die Top Billing-span laat val die klem op mense en plekke in Suid-Afrika, asook elders ter wêreld. Hulle kyk na die nuutste modegiere, flieks en voer eksklusiewe onderhoude met bekendes.

21:30 Formidabele Vroue (kykNET): Wyle Verna Vels se passie om die wêreld te sien, het haar in dié aflewering op ’n reis na binne geneem. Sy het gekyk na die verlede, maar ook vooruit, want haar lewe was ryk en vol.