Wat is vanaand op die kassie?

17:30 Ilse Kook (kykNET): Dié episode fokus op gebak.Ilse maak watertandlekker sjokolade-bruintjies, gebakte suurlemoenkaaskoek en haar skoonma se appelpoeding.

18:30 7de Laan (SABC2): Pieter verdwyn die aand voor sy troue. Annelie se vriendinne bederf haar met skoonheidsbehandelings terwyl Jerome hulle vermaak met karaoke.

19:30 Bravo! (kykNET): Vandeesweek kuier die aanbieders by die akteur Frank Opperman en gesels met Jackie Burger, die redakteur van Elle.

20:00 Nege Maande (kykNET): Dylan kom agter ’n mens word nie noodwendig aanvaar net omdat jy familie is nie. Amoré en Dino soek antwoorde by dr. Pepper, ’n stamselkundige, oor hul seun. Nadya se besluit om net rou groente en vrugte te eet het ’n negatiewe invloed op haar swangerskap.

20:30 Hawaii Five-O (M-Net): Die span ondersoek die moord op ’n jong kuberkraker. Steve probeer sy ma en suster met mekaar versoen.

22:00 Brothers & Sisters (SABC3): Dis die eerste episode van hierdie Emmy-bekroonde dramareeks oor die lewens van die welgestelde Walker-familie. Kitty (Calista Flockhart van Ally McBeal-faam) keer terug na Los Angeles om ’n onderhoud te doen vir haar TV program en besoek haar familie.

Let asseblief op: Huisgenoot kan nie die korrektheid van die verskafte inligting waarborg nie. Netwerke pas hul uitsaairooster volgens hul diskresie aan.