18:00 The Crazy Ones (M-Net): Reeks begin. Simon moet die sangeres Kelly Clarkson oortuig om ’n nuwe weergawe van McDonald’s se kenwysie op te neem.

19:30 Bravo! (kykNET): Ons woon die amptelike bekendstelling van die Kokkedoor-kookboek asook Bok Radio se prysgeleentheid vir kunstenaars wat in die Wes-Kaap woon. En ons praat met Karen Zoid oor haar nuwe program, ’n Song vir Emily, waarin sy die merkwaardige Emily Hobhouse se lewe bekyk.

20:00 Boer Soek ’n Vrou (kykNET): Elke boer leer sy kuiergaste beter ken deur hulle aan die plaaslewe bekend te stel en te wys wat sy boerdery behels. Die vroue probeer die boer beïndruk maar vra hulle ook af of hulle gereed is om ’n boer se vrou te wees.

20:30 Hawaii Five-0 (M-Net):Steve en Catherine vind die oorskot van ’n soldaat, wat Steve laat terugdink aan sy laaste sending in Noord-Korea.

21:00 Silwerskerm kortfliek: Ompad (kykNET): Hierdie romantiese komedie gaan oor drie vriendinne, Andrea, Chane en Kiki, wat saam op Tukkies studeer. Kiki oorreed die ander twee hulle kort ’n blaaskans in Taipei, die hoofstad van Taiwan. Andrea is nie meer seker oor haar verlowing aan Sean nie en voor hulle Suid-Afrika verlaat, los sy ’n afsê-brief en haar verloofring by sy woonstel. Maar toe hulle eers in Taipei aankom, besef sy dit was ’n reuse fout.

22:04 Brothers & Sisters (SABC3): Kevin gaan op ’n toe-oë-afspraak. Tommy en Sarah sit vas oor die voorgestelde wynmakery. Nora het ’n Valentynsdagafspraak met ’n vriend. Justin waag ’n kans met die liefde.

Let asseblief op: Huisgenoot kan nie die korrektheid van die verskafte inligting verseker nie. Netwerke pas hul uitsaairooster volgens hul diskresie aan.