17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar beste! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.

18:30 Masterchef Australia (M-Net): Kyk hoe die sjefs ’n storm los kook in die kombuis.

18:30 Villa Rosa (kykNET): Almal berei hulself voor vir die vergadering met Liam. Cardo voel soos ’n vlieg in Chubby se web en probeer verbete ’n plan maak om hom en Celine daaruit te kry.

18:30 7de Laan (SABC2): Nadia help Sonja om ’n werk te kry. Is Sonja reg vir al hierdie verantwoordelikheid? Petro beplan ’n verrassing vir Bernard. Beweeg Anna en Marko te vinnig?

19:30 Binnelanders (kykNET): Ivanka se nuwe ‘vriend’ is die onderwerp van bespreking in die Ferreira-huishouding. Maggie gaan die media moet bereik om Herman gelukkig te hou en Liezl het slegte nuus vir Morné.

19:30 She’s the one (SABC3): Twee Iers-Amerikaanse broers se liefdeslewens word verstengel in hierdie komedie wat in New York afspeel.

19:30 The Fixer (M-Net): Hierdie bekroonde drama het Kerry Washington as Olivia Pope, ’n “fixer” vir die Withuis.

20:00 Reign (M-Net Edge, DStv-kanaal 102): Bekroonde reeks oor die jong Mary, Koninging van Scots.

20:00 Bravo! (kykNET): Dis die Suidoosoosterfeesbal en ons gaan groot by die afskopgeleentheid van die Suidoosterfees. Ons kyk ook agter die skerms van die pantomime Aspoestertjie met Karlien van Jaarsveld en Izak Davel in die hoofrolle.

20:00 Voetspore (SABC 3): Reis saam met die Voetspore-span deur Afrika en ervaar saam met hulle al die uitdagings, ongelooflike landskappe en verskillende kulture.

20:30: Koekedoor (kykNET): In die sowat 35 jaar wat Die Tuisnywerheid op die toneel is, het dit net so deel van ons bak-landskap geword soos die melktert. Met name soos Knuppeldik, Koekepan, Koekeloer, Jambekkie, Lekkerbek, Loslappie en Suikerbekkie het tuisnywerhede die in-plek geword vir tuisgebak. Die goue draad deur hierdie episode is vla – die eiervla, melkpap en bakkersvla wat in ons eie koskultuur en vir almal wat vir tuisnywerhede bak, onmisbaar is.

20:30 Top Billing (SABC3): Die Top Billing-span fokus op mense en plekke in Suid-Afrika, asook oor die hele wêreld. Hulle kyk na die nuutste modegiere, flieks en hou eksklusiewe onderhoude met bekendes.

22:00 kykNET Aktueel - Flits (kykNET): Kim Cloete, Yvonne Beyers en Fanie Cronjé het ’n vars en enrgieke benadering tot die wêreld van Afrikaanse kuns, modes en sosiale ontwikkelinge.